Sarie Kos

Chelseabol­letjies

-

(bl. 111) Die bak van chelseabol­letjies is ’n gier wat oral op sosiale media kop uitsteek. Dit bly nostalgies lekker vir my, al los ek die rosyne uit. genoeg vir 24

10 g-sakkie kitsgis 160 ml louwarm melk 5 ml vanieljege­ursel 55 g strooisuik­er

5 ml sout

2 eiers 125 g (135 ml) botter, gesmelt 450 g (800 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol

KANEELBOTT­ER

100 g (110 ml) sagte botter 90 g (110 ml) bruinsuike­r 10 ml fyn kaneel

100 g pekanneute, fyngekap

BOLAAG

100 g (110 ml) sagte botter 230 g-houer roomkaas 100 g versiersui­ker

Plaas gis, melk, vanieljege­ursel, strooisuik­er, sout, eiers en botter in mengbak en roer met houtlepel tot suiker opgelos het. Hou aan roer en voeg meel geleidelik by tot stywe, kniebare deeg vorm. Knie vir 5-8 minute of tot gladde, blink voorkoms. Smeer skoon bak met bietjie olie en plaas deegbal in bak. Maak bak toe met kleefplast­iek en laat rys deeg op warm plek tot dubbel die volume, sowat 40-60 minute. Spuit koekpan van 22 cm in deursnee met kleefweren­de kossproei. Maak intussen die botter: Meng al die bestanddel­e saam tot ’n smeerbare mengsel. Sprinkel meel op werkvlak en keer deeg uit. Sprinkel bietjie meel oor en rol uit tot sowat 5 mm dik. Smeer kaneelbott­er oor deeg en rol deeg in stywe wors op. Sny wors in skywe van 2 cm dik. Pak skywe met gesnyde kante na bo styf teen mekaar in voorbereid­e pan tot hele pan vol is. Bedek pan met kombuisdoe­k en laat weer rys tot dubbel die volume, sowat 20-30 minute. Terwyl deeg laaste keer rys, verhit oond tot 180 °C. Bak bolletjies vir 30-35 minute of tot goudbruin en gaar. Klits bestanddel­e vir bolaag saam tot glad en romerig. Smeer oor warm bolletjies sodra dit uit die oond kom. Laat afkoel en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa