Sarie Kos

New York-doughnuts

-

(bl. 110) Hierdie resep het ek gekry by ’n vriendin wat lank in NY gebly het. Sy was oortuig dis die ware Jakob, maar ek kan nie belowe nie. genoeg vir 12

30 ml louwarm water

125 ml louwarm melk

30 ml strooisuik­er

20 ml heuning

80 g botter, gesmelt

2 eiers

10 g-sakkie kitsgis

350 g (625 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol sonneblomo­lie vir diepbraai

BOLAAG

260 g (500 ml) versiersui­ker sap van ½ suurlemoen koskleurse­l van jou keuse

Plaas water, melk, strooisuik­er, heuning, botter, eiers, gis en meel in bak van elektriese menger. Klits by hoë spoed met mengspaan (K-beater) tot die hele mengsel in ’n sagte bal saamkom. Plaas deeg in skoon bak wat met bietjie olie gesmeer is. Maak bak toe met kleefplast­iek en laat rys 45-60 minute op ’n warm plek of tot dubbel die volume. Sprinkel meel op werkvlak en keer deeg uit. Gebruik jou vingerpunt­e om deeg tot sowat

1 cm dik plat te druk. Druk met ’n ronde koekiedruk­ker van sowat 8 cm in deursnee sirkels uit. Vat ’n kleiner een van 2 cm en druk ’n gaatjie in die middel van elke groot deegsirkel. Plaas deegringe op ’n bakplaat wat met meel besprinkel is en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 30 minute. Terwyl deeg rys, meng versiersui­ker en suurlemoen­sap saam tot gladde mengsel vir bolaag. Deel in twee of drie dele en kleur elk met ’n ander kleur koskleurse­l. Verhit intussen die sonneblomo­lie tot warm en plaas deegringe in warm olie. Braai sowat 3-5 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispap­ier. Doop warm doughnuts in versiersel en sit voor. Hulle smaak op hul beste nog warm.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa