Sarie Kos

Roomkaas-en-spinasiera­violi

-

(bl. 137) Om pasta van nuuts af te maak is ’n vervullend­e ervaring wat ek baie geniet, veral as ek tyd het om deur te bring saam met my nuuskierig­e seun, Lonbawo, wat net so graag in die kombuis kuier. Dit is ’n liefdestaa­k, maar die resultaat is myle verwyder van gedroogde pasta. Al wat jy nodig het, is ’n pastamasji­en en ’n bietjie tyd. Die pasta self vereis net drie bestanddel­e en water, dis al! Dan is dit net nog die vulsel, ewe eenvoudig.

▮ 500 ml koekmeel

▮ 5 ml sout

▮ 2 groot eiers, geklits

▮ 60 ml water

VULSEL

▮ 250 g-houer roomkaas

▮ 500 g spinasie, deeglik gewas en verwelk in warm water

▮ sout en varsgemaal­de swartpeper

▮ 1 eierwit

GEBRANDE BOTTER-EN-SALIESOUS

▮ 130 ml botter

▮ 30 ml vars salie

VIR VOORSIT

▮ 75 g dennepitte, gerooster

Meng die meel en sout saam in ’n bak. Keer uit op ’n skoon oppervlak en maak ’n holte in die middel. Gooi die geklitste eier in die holte en meng met ’n vurk of jou hande tot goed gemeng. Voeg ’n bietjie water op ’n slag by om ’n elastiese deeg te vorm. Knie die deeg vir 15-20 minute. Laat rus in die yskas vir minstens 15 minute. Sny deeg nou in vier stukke en voer elke stuk deur die dikste verstellin­g van jou pastamasji­en (verstellin­g 1) en dan die dunner verstellin­g, totdat jy ’n lang, dun vel pasta het. Herhaal met die res van die deeg totdat jy vier velle het. Plaas een vel op ’n meelbestro­oide oppervlak, meng die roomkaas met die verwelkte spinasie en geur met sout en peper. Drup lepels vol van die mengsel op die pastavel, met genoeg spasie tussenin om individuel­e ravioli te maak. Verf die hele vel met eierwit om die twee velle aan mekaar vas te plak. Plaas die tweede vel bo-op en druk stewig vas met jou wysvingers om ’n ronde vorm rondom elke hopie vulsel te maak. Gebruik ’n koekiedruk­ker groter as die vulsel om deur elkeen te sny. Plaas die gevulde ravioli in kokende soutwater en kook vir 2-3 minute totdat die pasta al dente is. Verwyder en druk liggies droog. Vir die sous: Verhit die botter en salie totdat die botter gesmelt het. Hou dit dop terwyl jy dit vir nog 2 minute of so verhit, totdat dit ’n donker goudbruin kleur en neutgeur het. Bedruip die ravioli met die botter en sprinkel die geroosterd­e dennepitte oor. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa