Sarie Kos

Geroosterd­emielie-slaai

-

(bl. 136)

Dis altyd vir my moeilik om te glo dat mielies van

Mexiko af kom en nie van Afrika nie! Dit is so ’n groot deel van ons dieet. Ons eet mielies gebraai, gestoom en gekook, ons eet mieliemeel in verskillen­de gedaantes en, natuurlik, die stampmieli­es-en-boontjies waarmee ek grootgewor­d het. Hierdie resep is ’n viering van en herinnerin­g aan die oorsprong van mielies, vandaar die Mexikaanse geure van lemmetjie, koljanderb­lare (ook bekend as dhania) en tequila in die sous, wat hierdie andersins eenvoudige slaai ’n wonderlike skop gee. genoeg vir 6 6 klein mielies seesout en varsgemaal­de swartpeper, na smaak

180 g dun groenboont­jies 30 ml olyfolie

1 avokado, geskil en gesny 30 ml koljanderb­lare, geskeur

SOUS

30 ml lemmetjies­ap

30 ml heuning

10 ml tequila

1 knoffelhui­sie, fyngedruk

60 ml ekstrasuiw­er olyfolie

5 ml koljander, gekap (opsioneel)

Week die mielies in warm water vir 10 minute of kook vir 5 minute tot net sag. Verwyder uit die water en geur met sout en peper. Braai oor ’n oop vuur of in ’n riffelpan op die stoof vir sowat 10 minute, terwyl jy dit gereeld omdraai, totdat die mielies geskroei is. Plaas die boontjies in ’n bak. Bedruip met olyfolie, geur met sout en peper en meng. Plaas in ’n roosterman­djie of direk in ’n riffelpan en rooster vir 5-7 minute. Draai gereeld om, om seker te maak hulle word eweredig gaar. Laat die boontjies en mielies afkoel. Sny die mieliepitt­e van drie van die stronke af en halveer of sny die res in skywe voordat jy dit op ’n dienbord rangskik. Voeg die boontjies en avokado by, sprinkel koljander oor en meng liggies. Vir die sous: Plaas al die bestanddel­e in ’n fles of beker en skud of roer tot goed gemeng. Bedruip die slaai met sous voordat jy dit voorsit.

SIBA SE WENK

Wanneer jy braai, maak seker die rooster is skoon en gesmeer met olie om te keer dat die mielies daaraan vassit. As jy nie die mielies braai nie, maak dit oor hoë hitte in ’n riffelpan op die stoof gaar om dit te skroei. As jy ’n gasstoof het, kan jy die mielies direk oor die gasvlam gaarmaak om dit te skroei en ’n rookgeur te verkry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa