Sarie Kos

Karamelbro­od

-

(bl. 107) Die Amerikaner­s noem dit “monkey bread”. Dis klein stukkies deeg wat in karamel gebak word en baie lekker as alternatie­f vir koek. genoeg vir 1 brood

375 ml louwarm melk 10 g-sakkie kitsgis

2 eiers

15 ml heuning

10 g sout

65 g (80 ml) suiker

115 g (125 ml) botter, gesmelt 700 g (1 250 ml) koekmeel

VULSEL

115 g (125 ml) botter

60 ml heuning

100 g (125 ml) witsuiker 7 ml fyn kaneel

100 g (125 ml) bruinsuike­r

Meng melk, gis, eiers, heuning, sout en suiker saam in groot mengbak tot gis opgelos het. Voeg gesmelte botter by en meng met ’n houtlepel. Hou aan meng en voeg koekmeel geleidelik by tot stywe, kniebare deeg vorm. Keer deeg uit op werkvlak en knie vir 5-8 minute of tot gladde tekstuur. Smeer skoon bak met ’n bietjie olie en plaas deegbal in bak. Maak toe met kleefplast­iek en laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 40-60 minute. Maak terwyl deeg rys die vulsel: Bring botter, heuning, witsuiker en kaneel in klein kastrol tot kookpunt en hou eenkant. Spuit ’n patroonpan met ’n volume van 2 liter met kleefweren­de kossproei. Breek stukkies deeg af en rol in balletjies. Rol elke balletjie in bruinsuike­r en pak suikerball­etjies styf teen mekaar in voorbereid­e pan. Bedek pan met ’n kombuisdoe­k en laat rys weer tot dubbel die volume, sowat 20 minute. Verhit intussen oond tot 180 °C. Gooi heuningsou­s oor brood en plaas in warm oond. Bak 30-35 minute of tot goudbruin en gaar. Keer uit en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa