Sarie Kos

Weense sjokoladeb­rood

-

(bl. 108) Jy kan ook heerlike Franse roosterbro­od hiermee maak. Ek hou altyd een of twee sjokoladeb­rode in my vrieskas vir wanneer ek vriende wil bederf met iets spesiaals vir ontbyt. genoeg vir 2 brode

210 ml louwarm melk

10 g-sakkie kitsgis

10 g sout

30 g strooisuik­er

340 g (610 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol

55 g botter, in blokkies gesny

100 g sjokolades­plinters

1 eier, geklits

SJOKOLADEG­LASEERSEL

125 ml room

100 g donkersjok­olade van goeie gehalte, fyngekap

Meng melk, gis, sout en strooisuik­er saam tot gis opgelos het. Plaas koekmeel en gismengsel in bak van elektriese menger. Gebruik die mengspaan (K-beater) en meng die mengsel sowat 8 minute by matige spoed tot ’n stywe deeg vorm. Voeg botter bietjie vir bietjie by tot alles goed gemeng is. Die deeg sal ’n gladde voorkoms hê. Plaas deeg in bak wat met olie gesmeer is. Bedek met kleefplast­iek en laat rus oornag in yskas. Verhit oond tot 180 °C. Keer deeg op ’n meelbestro­oide werkvlak uit en verdeel in twee. Druk deeg plat met jou hande tot sowat 1 cm dik. Sprinkel sjokolades­plinters oor die stukke deeg en rol elk in ’n stywe worsvorm op. Plaas twee deegworse in ’n broodpan van 30 x 10 cm wat met kleefweren­de kossproei gespuit is of op ’n bakplaat wat gespuit is (as jy dit op ’n bakplaat bak, neem die brood ’n ander vorm aan). Laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 40-60 minute. Verf met geklitste eier en bak vir 25-30 minute of tot goudbruin en gaar. Glaseersel

Verhit room tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Gooi oor brood en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa