Sarie Kos

Die núwe, nuwe knoffelbro­od

-

(bl. 125) Jy het knoffelbro­od nog nie so geproe nie. Dit word met roomkaas gebak, wat dit ’n sagter en ryker tekstuur gee. Dit bly ook langer vars danksy die ekstra vet. genoeg vir een 18 cm-brood

45 ml heuning

100 ml louwarm water

250 ml-houer roomkaas

60 ml olyfolie

500 g (890 ml) koekmeel, plus ekstra vir oorsprinke­l

10 g kitsgis

10 g sout

50 ml basiliekru­idpesto 4 knoffelhui­sies, fyngekap 115 g (125 ml) botter, gesmelt

Spuit broodpan van 18 cm goed met kleefweren­de kossproei. Plaas heuning, water, roomkaas en olie in bak van elektriese menger. Voeg droë bestanddel­e by en meng tot stywe, kniebare deeg vorm. Knie 5-8 minute of tot die deeg glad is. Plaas deeg in skoon bak wat met olie gesmeer is. Maak bak toe met kleefplast­iek en laat rys 30-40 minute op warm plek tot dubbel die volume. Sprinkel meel op werkvlak en keer deeg uit. Sprinkel nog meel bo-op en rol uit tot sowat 5 mm dik. Meng pesto, knoffel en botter saam. Smeer oor deegvel met agterkant van lepel. Vou deegvel in helfte sodat pestoen-bottermeng­sel die vulsel in die middel is. Sny gevoude deeg in blokke van so 10 cm breed – dit hoef nie perfek te wees nie. Pak blokke styf teen mekaar in broodpan (sien foto). Laat weer rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 15-20 minute. Verhit intussen oond tot 180 °C. Bak vir 25-30 minute of tot brood goudbruin en gaar is. Laat afkoel op afkoelrakk­ie en sit voor met goeie olyfolie en balsemasyn.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa