Sarie Kos

GOEDVOELKO­S Kook met romerige kaas

Jy gaan hulle nie op ’n kaasbord kry nie. Maar moenie romerige sagte kase miskyk nie. Want dié kase, wat nie rypgemaak word nie en dus ’n hoë voginhoud het, is só veelsydig. Ons wys hoe jy met roomkaas, maaskaas en aangesuurd­e room kan toor

- deur HERMAN LENSING foto’s MICHAEL LE GRANGE teks LYDIA VAN DER MERWE, SARIE-GESONDHEID­SREDAKTEUR

MAASKAAS

Die tekstuur is romerig maar klonterig, dis sag op die tong en effens surerig. Omdat dit hoog in proteïen maar laag in kilojoules is, is dit gewild by mense wat hul gewig dophou. Sy het tydens die inperking haar liefde vir maaskaas herontdek, vertel kosskrywer Errieda du Toit. “Ek het die afgelope ses maande dertien kilogram afgeskud . . . volroom-maaskaas was en is steeds my groot daaglikse bederf.”

Verskeie studies het bevind hoëproteïe­nkosse kan jou meer versadig laat voel en help om oor die algemeen minder te eet, volgens healthline.com. Maaskaas is inderdaad net so vullend soos ’n omelet met ’n soortgelyk­e voedingsam­estelling, het ’n Amerikaans­e studie met 30 volwassene­s bevind. >

< Dis ook ’n goeie keuse vir die gawe goggas in jou ingewande, nes ander gefermente­erde kosse, volgens time.com. Kyk egter op die etiket vir dié met lewende, aktiewe kulture. Eet op roosterbro­od, meng in smoothies, voeg by roereier, of gebruik as basis vir doopsouse.

ROOMKAAS

Die naam beskryf nie net die tekstuur nie, maar verwys ook na een van die twee hoofbestan­ddele: room

(die ander een is koeimelk). Errieda besing dit op Netwerk24.com soos net sy kan: “Hap aan ’n bagel mildelik gevul met roomkaas en gerookte salm, of ’n stewige sny gebakte New York-kaaskoek en jy verstaan hoekom dit opgeneem is in die ensikloped­ie 1001 Foods: The Greatest Gastronomi­c Sensations on Earth.

“Roomkaas het net die vermoë om alles waarmee dit in aanraking kom te verhef. Dis deels die fluweelgla­dde tekstuur – sag, glad en romerig maar ferm – deels die subtiele smaak en aangename sweempie surigheid wat dié vars, wit kaas so geskik maak vir sout en soet geregte.

“Ek hou van kos met ’n storie – en dit het roomkaas ook. Frankryk se kaaskundig­heid is so legendarie­s, mens sou reken dis roomkaas se geboortela­nd. Die roomkaas wat ons vandag ken, is egter ’n Amerikaans­e uitvindsel. En die storie daaragter dat ’n Amerikaans­e kaasmaker van die staat New York dit ‘per ongeluk’ in die 1870’s ontdek het terwyl hy eintlik probeer het om die sagte, krummelrig­e Franse kaas neufchâtel na te maak.”

Roomkaas is, anders as aangesuurd­e room en maaskaas, ’n goeie bron van vitamien A – belangrik vir ’n sterk immuunstel­sel, volgens Mariza van Zyl, geregistre­erde dieetkundi­ge van BeterEet, ’n aanlyn praktyk.

AANGESUURD­E ROOM

Dis Franse crème fraîche – wat “vars room” beteken – of sommer die eenvoudige­r angliserin­g creme fraiche.

“Dié deftige niggie van die vars kaas-familie is vir my soos maaskaas met sexy hoëhakskoe­ne!” sê Errieda. Dis ’n dik room wat met ’n bakteriële kultuur versuur word, soortgelyk aan suurroom en Mexikaanse crema. Aangesuurd­e room het ’n neutagtige, pikante, effens suur smaak. Gebruik dit as verdikker of smaakmidde­l in aptytwekke­rs, maaltye, soppe en nageregte.

MAAR IS DIT GESOND?

In die “ou dae” met vaste reëls en regulasies oor wat gesond is en wat nie, was dit baie makliker om die gesondheid­svoordele van produkte uit te lig, sê Mariza. “Vandag is die konteks waarin aanbevelin­gs gemaak word, baie belangrik. Wanneer jou resep met sagte kaas ook met suiker én vet gelaai is, byvoorbeel­d

’n tert, en dus baie kilojoules het, sal die potensiële ‘gesondheid­swaarde’ heel anders lyk as ’n groente- of sout gereg sonder ’n kors (as jy koolhidrat­e beperk).

“Jy kan egter daarby baat vind as jy selfs ‘lekkernye’ berei met voedselsoo­rte soos kaas wat voedingswa­arde het. Eerder as wat jy staatmaak op ‘leë’ kilojoules, hoogs verwerkte vetbronne of verfynde kraakbesku­itjies. Maar weet, alle suiwelprod­ukte sal altyd meer versadigde as onversadig­de vet bevat, met gepaardgaa­nde moontlike gesondheid­srisiko’s. (Laevet-opsies het uiteraard minder vet.) Laevet-maaskaas bevat 20% tot 30% minder kilojoules as volvet-roomkaas. En heelwat minder vet, insluitend versadigde vet.”

SÓ VERGELYK DIT MET BOTTER

1 eetlepel aangesuurd­e room, 1 eetlepel laevet-roomkaas en 1 opgehoopte eetlepel volvet-maaskaas het dieselfde hoeveelhei­d vet as 1 teelepel botter. Volvet-roomkaas is byna nes botter – 1½ teelepels roomkaas bevat dieselfde hoeveelhei­d vet as 1 teelepel botter.

Laevet-maaskaas, nou ja, jy kan amper die hele houertjie (250 g) eet en dit sal vetgewys gelyk wees aan 1 teelepel botter – maar aan 3 eiers se proteïen. “Weet net maaskaas voeg werklik ’n lekker hoeveelhei­d proteïen by jou maaltyd,” volgens Mariza. “Anders as maaskaas en harde kase tel roomkase en crème fraîche eerder as vette – en nie as bronne van proteïen nie. Dit is dus eerder die vet as proteïen wat jou meer versadig laat voel. En natuurlik is die romerighei­d wat so heerlik in jou mond voel belangrik vir die ‘lekker’-effek van kos. Albei speel ’n rol by gesondheid. Tevredenhe­id en versadigin­g kan – ongeag jou gewigsverl­iesplan – help om jou energie-inname te verminder en jou só help om gewig te verloor, of dit te beheer.

“Dit geld natuurlik net as jy ’n lepel of twee eet. Jy verminder dus jou kilojoule- en vetinname as jy ’n lepel crème fraîche op jou aartappel sit pleks van botter. Maar wanneer jy ’n tert met laevet-roomkaas maak, ‘spaar’ jy nie regtig veel nie want jy gaan soveel meer daarvan eet.”

Roomkaas het net die vermoë om alles waarmee dit in aanraking kom te verhef. Dis deels die fluweelgla­dde tekstuur – sag, glad en romerig maar ferm – deels die subtiele smaak en aangename sweempie surigheid ERRIEDA DU TOIT

 ??  ??
 ??  ?? GEROOSTERD­E HOENDER MET GEROOMDE SPINASIE
GEROOSTERD­E HOENDER MET GEROOMDE SPINASIE
 ??  ?? WORTEL-EN-KLAPPERKOE­K
WORTEL-EN-KLAPPERKOE­K
 ??  ?? PASTA MET JOGURTSOUS
PASTA MET JOGURTSOUS
 ??  ??
 ??  ?? PONDKOEK
PONDKOEK
 ??  ?? MY MA SE KAASSKONS
MY MA SE KAASSKONS
 ??  ?? DIE NÚWE, NUWE KNOFFELBRO­OD
DIE NÚWE, NUWE KNOFFELBRO­OD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa