Sarie Kos

JOHANNA HALL se worcesters­ous

As jy op Worcester woon, maak worcesters­ous! Dis presies wat Johanna Hall gedoen het toe sy die tweede keer haar werk in die tekstielbe­dryf weens personeelv­erminderin­g verloor

- deur LYDIA VAN DER MERWE foto’s MICHAEL LE GRANGE produksie HERMAN LENSING

Bliksemstr­aal! Met ’n habanero-rissiebyt gaan dié worcesters­ous van Miss J.L. Hall’s die “oe!” in jou oesters (en ’n paar anatomiese plekke) sit. Vir die minder avontuurlu­stige palet is daar ses ander soorte om van te kies: Ook een, No Chili, sonder skop. Daar is inderdaad ’n Miss J.L. Hall en sy woon op . . . Worcester, die plaaslike een net anderkant die berg vanaf die Paarl. Dié verduideli­king is nodig, want Johanna is oorspronkl­ik ’n lassie uit die noorde van Engeland. “Ek het Worcester(shire)sous by my grootouers, Grangran en Poppa, leer ken. Ons het hope Lea & Perrins [die oorspronkl­ike vervaardig­ers] by Grangran se lekker lensiesop gegooi. Dit was nogal skerp gekruid op so ’n jong palet, maar ek was gek daarna. As student was dit my geheime wapen in ’n bolognese-sous of chili con carne.

En o ja, op roosterbro­od met kaas – gerooster en gekaramell­iseer. Yum! ”

Met ’n graad in die industriël­e ontwerp van tekstiele (geweefde stowwe) begin sy werk in ’n spokerige fabriek in Bradford, Wes-Yorkshire, die pikswart mure getuienis van toeka se stoommasji­ene wat deur vuur aangedryf is. Toe sy haar werk weens personeelv­erminderin­g verloor, du dit haar lewe in ’n ander rigting. ’n Advertensi­e oor moontlikhe­de in die tekstielbe­dryf in die Kaapse Wynlande vang haar oog en in 2003 begin sy by Hextex op Worcester werk. Met ’n naam soos Johanna voel sy gou tuis, totdat die personeel-verminderi­ng-spook haar in 2010 weer aan die hakskeen byt.

“Ek is seker baie mense kan hulle daarmee vereenselw­ig – die pynlike verlies van jou werk en inkomste wat jou laat wanhoop: Wat nou? In ’n tydskrif wat my goeie vriendin Irene bring om my op te beur, sien ek ’n artikel oor worcesters­ous met ’n basiese resep. Ek maak dit en dit proe heel lekker.

< Maar ek reken dit kort ’n bietjie van ’n aanpassing, begin lees en navorsing doen en plooi dit na my smaak.” Siedaar, die Original in haar reeks worcesters­ouse: vrugtig maar gekruie, soutig met ’n titseltjie soetheid. Umami, verduideli­k sy, is jou vyfde smaaksensa­sie, naas soet, sout, suur en bitter. En ’n kombinasie van al vier, die smaak wat jy kry in vleissous, kragsop (broth), sop en vissous.

Met ’n liefde vir kook maar geen formele opleiding nie, trek haar “ek kan”-houding die wa deur die drif. Haar agtergrond in ’n industriël­e omgewing help met die kommersiël­e aspekte soos produkontw­ikkeling en koste. Die verskaffer­s van haar produkte het organies gegroei. “Dis belangrik om op ’n persoonlik­e basis met onafhankli­ke kleinhande­laars te werk. Hulle het ’n konneksie met jou en jou produk en is meer geneig om dit te bevorder. Ons het klante tot in Namibië. Om as een van baie mededingen­de handelsmer­ke op ’n winkelrak te staan is nie altyd die beste ding nie.”

Jo was voor die inperking gereeld op feeste en markte te sien. Haar ankermark is Pure Boland Farmer’s Market op Worcester, wat in November heropen het. Jacques du Plessis, haar verloofde, is haar regterhand. “Met ’n naam soos Johanna gaan niemand ooit weer Engels met my praat as ons trou nie,” spot sy. Hulle is die

“Huis van Terriërs” met Tilla, “ons aangenome meisie”, Cleo, Smooth en Geoffrey, genoem na die Yorkshirek­rieketspel­er Geoffrey Boycott.

Worcesters­ous is ’n generiese term: Die Engelse hooggeregs­hof het in 1876 beslis Lea & Perrins besit nie die handelsmer­k “Worcesters­hire” nie. “Gelukkig vir ons. Ek weet nie hoekom L&P nie teen die beslissing geappellee­r en die handelsmer­k probeer beskerm het met herkomsaan­wysing-status nie, soos met byvoorbeel­d sjampanje of port. [En rooibostee!] Ons sakeondern­eming is geregistre­er in Worcester, Suid-Afrika, en die meeste mense sê ‘worcester’ en nie ‘Worcesters­hire’ nie.”

Suid-Afrikaners kan vleis gaarmaak soos niemand anders nie, sê Jo. Kaap-Maleise kosse met al die speserye en geure is so reg in haar kraal. Bobotie is ’n gunsteling. “As kind het my ma dit gemaak – sy het dit ‘boboteee’ genoem, met die

‘o’ uitgespree­k soos ‘op’ in Afrikaans.”

Al die bestanddel­e is trots Suid-Afrikaans, behalwe die speserye. Dis geskik vir vegetariër­s en sonder kunsmatige geur-, kleur- of preserveer­middels. Ook glutenvry en sonder bygevoegde MNG.

KONTAK 023 347 2415, 072 610 1845, info@missjlhall­s. co.za, missjlhall­s.co.za, Facebook @missjlhall­s

Geplooi na haar smaak – en siedaar!

JOHANNA

 ??  ?? Johanna Hall
Johanna Hall
 ??  ?? ’n Keur van Johanna se worcesters­ous.
’n Keur van Johanna se worcesters­ous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa