Sarie Kos

Haar (KRUIE)SOUT werd

Johannita Eksteen is ’n passievoll­e sakevrou en die baasbrein agter Funky Ouma. Dié besigheid wat sy en haar ma, ’n ‘funky ouma’, saam begin het, se produkte is ’n gesonder alternatie­f vir elke dag se sout en speserye. Ons gesels met haar

- teks MARZANNE SCHOEMAN

1

Wie is Johannita Eksteen en waar kom sy vandaan?

Ek is in Gauteng gebore en was ’n laatlam. Hoewel ek broers en susters het, het ek eintlik maar alleen grootgewor­d. Op hoërskool was ek op Bloemhof op Stellenbos­ch en ná skool het ek bemarking studeer. My pa is oorlede toe ek 16 was en weens die geldelike implikasie­s het ek tussendeur my studies begin werk en myself gedruk om finansieel onafhankli­k te word. Die kans het

hom voorgedoen om by twee wonderlike korporatie­we maatskappy­e te werk waar ek baie van besigheid stelsels en -metodes geleer het. Vandag bly ek en my man, Bennie, ’n boer, saam met ons twee kinders net buite die Paarl en ek bestuur Funky Ouma.

2 Funky Ouma is alombekend in Suid-Afrika. Wanneer het jy en jou ma met die besigheid begin en waar het die idee ontstaan om geurmiddel­s te verkoop?

My pa was siek met kanker en kon nie preserveer­middels eet nie, terwyl die meeste produkte op daardie stadium preserveer­middels bevat het. Ons is almal vroeg bewus gemaak van gesonder alternatie­we, met my ma wat kruie in sout saam met suurlemoen­skil gebêre het. Dit het later ’n ikoniese ding in ons huis geword. Destyds het my ma ook finansieel swaar gekry en ek het gevoel ek wil haar help om haar onafhankli­kheid terug te kry. In 2012 het ons met die idee vorendag gekom om hierdie kruie wat sy vir ons in sout ingelê het, te verkoop. Ek het ’n agtergrond in produkontw­ikkeling en bemarking, wat gehelp het om die besigheid op die been te bring.

3 Vertel meer van jul beginjare.

Ons het besluit ons gaan na Malmesbury se plaasmark toe met die produkte en het die Donderdag besef ons sal nou ’n naam moet kry. Ek het vir my ma gesê sy is funky

en sy’s ’n ouma (op daardie stadium het sy reeds agt kleinkinde­rs gehad en ek was ook swanger), so hoekom nie Funky Ouma nie? Dit was eintlik ’n grap en ons het nooit gedroom dit gaan so bekend raak nie. Daardie eerste Saterdag is ons met 40 potjies mark toe wat ons mooi verpak het. Alles is uitverkoop. Die volgende Saterdag was ons weer daar, dié keer met 80 potjies – wat ook alles uitverkoop het. Dit het ons die behoefte aan gesonder braaisout laat raaksien.

4 Hoe sal jy jou en jou ma se verhouding beskryf?

Ons het ’n baie noue band, veral omdat ek ’n laatlam is. Ek hou haar jonk, maak haar byvoorbeel­d nog bewus van die mode. Sy bly ook saam met ons op die plaas in ’n kothuis en dis ’n groot voorreg. Sy is egter nie meer by die besigheid betrokke nie, sy is nou net ’n ouma wat saam met die kinders Uno speel en tuinmaak.

5 Met watter produkte het julle begin? En hoeveel verskillen­de geurmiddel­s is nou beskikbaar?

Ons het begin met twee soute, die Braai-en-kooksout (ja, dit was sy naam) en die Himalaja-en-kruiesout. Nou is daar al 22 geure beskikbaar. Ons het ook ons reeks uitgebrei met produkte soos heuning en koffie, asook byewaspapi­er, ’n ekovriende­like alternatie­f vir enkelgebru­ik-kleefplast­iek.

6 Wat is jou rol in die besigheid?

Tot nou eintlik alles [lag]. Ek is die besturende direkteur en my hooffokus die laaste paar jaar is bemarking. Die produk se posisioner­ing in die mark en produkontw­ikkeling is my groot werk. Die eerste vier jaar was baie low-key.

In die eerste jaar het ek nog aangehou met my voltydse werk en dan naweke Funky Ouma se produkte by markies verkoop. Maar die ryery in en uit stad toe het later vir my te erg geraak en ek het bedank. My plan was egter altyd om my eie besigheid te begin. Eers wou ek ’n webtuiste vir entreprene­urs begin, maar toe volg ek eerder my gut met Funky Ouma . . .

7 Wat van Funky Ouma maak jou opgewonde?

Produkontw­ikkeling is vir my baie lekker. Ek is ook mal oor die strategies­e beplanning agter produkte – hoe om die produk in die mark te kry, watter look jy wil hê en wat die mark wil hê. Die marknavors­ing is regtig baie interessan­t.

8 Hoekom koffie en heuning by jul reeks voeg?

Dis gehaltekof­fie wat in ’n mooi blikkie verpak word, en rou heuning. Dit maak lekker geskenke – mense het nie meer baie geld om uit te gee op duur geskenke nie, maar hulle kan waarskynli­k R100 uithaal om vir iemand lekker koffie, ’n pot heuning of sout te koop. Dis belangrik dat dit vir die ontvanger ’n bederf sal wees, en dis boonop iets wat gebruik kan word.

9 Uitdagings is daar sekerlik ook?

Natuurlik. In 2020 het ons byvoorbeel­d ons eerste bestelling vir uitvoer gekry, maar toe tref Covid-19 ons. Ons het al die voorraad vir die bestelling aangekoop, toe kanselleer die kliënt dit. Maar uitdagings is ook goed, want hierdeur het ons geleer om meer innoverend te dink en ’n nuwe produk het selfs tot stand gekom. Ons kon nie ons verpakking­smateriaal invoer nie, daarom het ons op die plaaslike mark vir alternatie­we begin soek. Die pandemie het my ook gedwing om so vinnig as moontlik weer werk vir my span te kry sodat hulle salarisse kan ontvang. Ons het ons sosiale media platform swaar ons ons produkte aan lyn verkoop, verbeter en die besigheid het selfs gegroei.

10 Watter lesse gaan jy saam met jou in 2021 invat?

Om aanpasbaar te wees. Baie in my lewe het my al dít geleer, maar ek dink 2020 het dit vir ons hele span geleer. Dis die grootste les wat ons saam met ons kan neem.

11 As jy ’n krui of spesery was, wat sou jy wees?

Roosmaryn. Dis ’n taai plant, maar ook aanpasbaar, nes ek. Die stokkie is sterk, maar as jy aan die blaartjies vat, stel dit dadelik hul geure vry. Ek voel ek het ook baie om te bied.

12 As ek net met een van jul soute kon kos maak, watter een moet dit wees en hoekom?

Beslis die braaisout. Dit het tipiese braaigeure en is ’n kombinasie wat sal werk van groente tot slaai en vleis. Jy kan dit gebruik wanneer jy braai, kos maak op die stoof of bloot as tafelsout. Dis ’n tipiese Suid-Afrikaanse mengsel waarmee baie mense hulle sal kan vereenselw­ig.

 ??  ?? Johannita en haar
ma, Anneke van Rooyen, oftewel die oorspronkl­ike funky ouma, in hul kruietuin. foto LIZA VAN DEVENTER/
FAIRLADY
Johannita en haar ma, Anneke van Rooyen, oftewel die oorspronkl­ike funky ouma, in hul kruietuin. foto LIZA VAN DEVENTER/ FAIRLADY
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa