Sarie Kos

Dier-baar: Jou TROETELDIE­R se wêreld

- deur LYDIA VAN DER MERWE

SKATTEJAG

Maak maaltye ’n speletjie. Moenie Kiets se

korrels net in sy bak sit nie, steek dit op ’n paar verskillen­de plekke in die huis weg. Dit sal sy natuurlike jaginstink aanwakker en ’n uitdaging wees. Speel ’n speletjie

met Wagter sodat hy sy ingeboude snuffelver­moë kan inspan. Sit sy korrels op ’n paar plekke in ’n kombers wat op ’n hoop gegooi is. En hou die pret dop terwyl hy sy kos uitsnuffel, sê Marycke Ackhurst, troeteldie­r gedragskun­dige by

Hill’s Pet Nutrition.

EINA, MAAGPYN!

Druiwe, rosyne en korente is giftig vir jou hond en kan by sommige nierversak­ing meebring. Vermy ook uie, knoffel en grasuie in groot hoeveelhed­e. Dit kan anemie veroorsaak, asook diarree, maagpyn en naarheid. Bly sommer heeltemal weg daarvan.

10% Die hoeveelhei­d water in droë katkos.

Anders as honde, drink katte nie baie water nie. Hulle kry normaalweg die meeste water uit hul dieet. Gee jy vir Matewis of Meraai droë kos, moet hulle sowat 1 koppie water per dag drink vir elke 4,5 kg wat hulle weeg. En in warm weer selfs meer. Katte wat geblikte kos eet, het sowat ’n derde tot helfte van die hoeveelhei­d water nodig. Sorg dat hulle altyd vars en skoon water het. As ’n kat meer water as gewoonlik begin drink, of water op snaakse plekke soek, is dit gewoonlik ’n aanduiding van ’n probleem, sê dr. Ingrid de Wet, veearts van die EberVet Country-diereklini­ek op Somerset-Wes.

VERSEKERIN­G

VIR JOU BESTE VRIEND

As jy jou inkopies by Checkers doen, kan jy nou jou troeteldie­r

vanaf R89 per maand deur hulle verseker. Om meer uit te vind, SMS PET na 38153 of gaan na checkers.co.za/petinsuran­ce

WIE HOU WIE DOP?

Leer jou troetelvis dis etenstyd met ’n geluid, sein, of deur die tenk/ poel net op ’n sekere tyd van die dag te nader. Selfs al hou jy ’n ruk lank

op, sal sommige visse gouer reageer wanneer jy dit weer begin doen (as die eerste keer toe hulle dit moes leer). Probeer ’n teken wat jou vis kan sien of hoor om etenstyd aan te kondig. Hy gaan vinnig

agter die kap van die byl kom en nader swem as die sein gegee word, selfs al word hy later nie

met kos beloon nie.

LEKKER,

MA!

Pootjies klap, koekies bak, maak vir jou hond sy eie koekies: Maak 2 koppies droë hondekos fyn in ’n menger. Gooi die poeier in ’n mengbak en voeg geleidelik 1-1¼ koppie water by. Meng tot dit soos deeg lyk. Vorm deeg in individuel­e happies of koekies en maak met die agterkant van ’n lepel plat. (Dit gaan nie plat word soos gewone menskoekie­s nie.) Pak op ’n ongesmeerd­e bakplaat en bak in warm oond by 180 °C vir 30 minute of tot bros. Bêre in yskas en gebruik binne 5-7 dae. Moenie vries nie. Tuisgemaak­te happies moenie meer as 10% van jou dier-bare se totale daaglikse kosinname oorskry nie, want die hitte verander die

voedingsam­estelling. Resep verskaf deur Hill’s Pet

Nutrition (hillspet.co.za)

’NLANGLEWE

VIR BUNNY

Die grootste deel van ’n konyn se dieet

moet uit los hooi bestaan. En nie die kommersiël­e droë kos wat in die verlede so gewild was nie. Bunny het ’n veselryke dieet nodig met baie groen blaargroen­te,

soos kool. Wees suinig met die snoephappi­es en dink twee keer voordat jy ’n kleurryke boks op die winkelrak nader trek. Gee hom liefs nou en dan ment,

’n stukkie wortel of vrug.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa