Sarie Kos

UITDAGING: blokraai, trivia en sudoku

Almal weet groente is gesond en moet deel wees van ons daaglikse dieet. Maar het jy dié feite en geite geweet? Toets jou kennis!

-

1. Volgens ’n ou raat sal wát in jou mond keer dat jy huil terwyl jy ’nuiopsny?

a) ’n Stuk knoffel

b) Nog ’n stuk ui

c) ’n Sny brood

d) ’n Mondvol asyn

2. Gesigte gesny uit pampoen is sinoniem met hedendaags­e Halloween-vieringe in Amerika. Watter groente of vrugte is oorspronkl­ik gebruik?

a) Rape

b) Waatlemoen­e

c) Uie

d) Artisjokke

3. Hierdie plant is ’n natuurlike antibiotik­a teen pseudomona­s-infeksies

a) Soetrissie

b) Spinasie

c) Tamatie

d) Knoffel

4. Hierdie groente bevat likopeen, wat prostaatka­nker help voorkom

a) Tamatie

b) Broccoli

c) Brandrissi­e

d) Soetrissie

5. Watter wortelsoor­t of knolgroent­e help teen naarheid?

a) Geelwortel

b) Prei

c) Raap

d) Gemmer

6. Watter van die volgende “groente” is eintlik vrugte?

a) Tamatie

b) Komkommer

c) Eiervrug

d) Al die bogenoemde

7. Op Sint Dawiddag dra elke soldaat in Wallis dié groente op die hoed of baret van sy uniform

a) Prei

b) Raap

c) Knoffel

d) Seldery

8. Koning Lodewyk XVI en Marie Antoinette het baie gedoen om die status van dié groente te verander nadat Europeërs aanvanklik huiwerig was om dit te eet omdat dit nie in die Bybel genoem word nie

a) Artisjok

b) Pampoen

c) Aartappel

d) Patat

9. In die Griekse mitologie het Zeus sy vrou Cynara in hierdie groente laat verander

a) Artisjok

b) Pampoen

c) Prei

d) Brusselse spruit

10. Hoewel die stingels van hierdie plant ’n gewilde groentesoo­rt is, is die rooi blomme giftig

a) Andyvie

b) Aspersie

c) Seldery

d) Raapkool

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa