Sarie Kos

Dranktroll­ie YSKOUE BIER

As die dae warm word, drink ons ’n bier. Probeer een van dié vars smake

- deur HERMAN LENSING

BELGIESE BIER

Hierdie Europese land is nie net bekend vir sjokolade nie, maar maak ook van die wêreld se beste bier. Al is jy nie ’n groot bierdrinke­r nie, probeer gerus ’n Duvel. Dié bier se unieke brouproses gee dit ’n baie subtiele bitter smaak en ’n diep geur met tropiese note. Jy kan dit plaaslik by shop.thebeermer­chant.co.za teen

sowat R270 vir 6 bestel.

VAT VYF

Die vier nefies van Robertson het altyd ’n plan om jou te bederf, soos met hul reeks Fiver-drankies met wyn as basis. Dis lekker lig en vars, met net 5% alkohol. Ons hou veral van die aarbei-en-lietsjiege­ur. Koop aanlyn by vanloveren.co.za teen R442 vir 24 x 275 ml-bottels.

WAT IS DIE BASIS VAN APPELBIER?

Dit is eintlik nie bier nie, dis wyn. Bier word gemaak van graanprodu­kte terwyl wyn van vrugte is. Sider word gemaak van ’n appelwyn wat gefermente­er en later gegeur word, en is meestal glutenvry.

SONRYP SIDER

’n Appelbier is heerlik as jy in die somer jou dors vinnig wil les. As jy iets anders en nuuts soek, probeer gerus een van die 8 geure in Loxtonia se reeks (daar is ook een sonder alkohol). Dis gemaak van vars, sonryp appels uit Ceres en omgewing. Sowat R120 vir ’n pak van 4. loxtonia.co.za

ROOIBOS-BIER

Die boetiekbie­r-tendens het al tot vele nuwe smake gelei. Nou het Stellenbra­u ’n lekker vars lager gegeur met rooibos en heuningbos op die mark. Sowat R160 vir ’n pak van 6 by drankwinke­ls landwyd.

stellenbra­u.co.za

DROOG MET ’N SKOP!

As jy dié somer jou gaste wil bederf, bedien yskoue Savanna Loco. Hierdie unieke sider word gegeur met ’n skeut tequila en voorgesit met suurlemoen­skywe. Wees op die uitkyk vir die 330 ml- en 500 mlbottels. savannacid­er.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa