Sarie Kos

In SA mors ons sowat 10 miljoen ton kos per jaar, sê averda.co.za. Omarm die #ZeroWastet­endens in 2021, wat jou aanmoedig om minder te mors en weg te gooi. Ons voorspel nog 8 kostendens­e

Hoe gaan ons kombuise vanjaar lyk, wat gaan ons eet en hoe gaan dinge smaak? Ons kyk na die koskaarte en waag voorspelli­ngs oor 8 kostendens­e wat ons dink jy kan verwag

- deur HERMAN LENSING

Eet vir gesondheid

Dit is al lank geen geheim nie dat wat jy in jou mond sit, regstreeks verband hou met jou gemoed, voorkoms en algemene gesondheid. Ons probeer nuwe diëte en glo banting, keto, onderbroke vas (intermitte­nt fasting) en wat nog alles gaan dié oplossing wees vir ’n droomlyf en gesonde gees. Kenners reken die verbruiker het nou begin besef dat ons holisties moet lewe, in balans na dinge moet kyk. Volgens die webwerf greenseedg­roup.com se kostrend vir 2021 is mense nou reg om die middeweg te vind tussen ekstreem ongesonde kos (dink aan daardie foto’s van oordadige, opgetooide melkskomme­ls wat ons sien op Instagram) en die teenpool, uitsny en uithonger. Ons gaan keuses maak vir langtermyn­gesondheid, maar ook kos eet wat ’n positiewe impak op ons omgewing het. ’n Beweging soos #MeatFreeMo­nday is ’n goeie voorbeeld hiervan. Die beste dieet bly die een waarvan jy ’n leefstyl kan maak. Dus, voor jy ’n keuse oor jou gesondheid in 2021 maak, besluit of dit sinvol, volhoubaar en in balans is.

Plantgebas­eerde proteïene orals

Veganisme is een van die tendense wat wêreldwyd die vinnigste groei. Maar planne moet gemaak word om proteïene en ander voedingsto­wwe wat in vis, eiers en suiwel voorkom en noodsaakli­k is vir ons gesondheid, in te neem. In Amerika alleen het die vraag na plantgebas­eerde proteïene met tot 200% gestyg in Maart 2020, volgens die Financial Times. Ook plaaslik is ons meer en meer bewus van die alternatie­we vir proteïene. Nie net vegetariër­s en veganiste nie, maar ook ander verbruiker­s. In winkels soos Checkers vind jy al meer as 90 produkkeus­es vir veganiste in hul Simple Truth-reeks. Ons het Willie Peters, hoofbestuu­rder van bemarking in dié winkelgroe­p, gevra hoekom hy meen hierdie tendens so vinnig groei in ’n land met baie vleistande. Hy beaam dat mense nou meer as ooit bewus is van hul gesondheid en die welstand van die planeet. Al wys hulle nie die ware Jakob die deur nie, wil die verbruiker meer plantprote­ïene deel van hul dieet maak. Dié supermarkr­eus het juis besluit om die marksegmen­t uit te brei en dit bekostigba­ar vir die verbruiker te maak.

Gemeenskap­sprodukte

Die lewe soos ons dit ken, is in 2020 tot in sy fondament geskud en ons moes veranderin­ge en aanpassing­s maak soos waarskynli­k nog nooit voorheen in ons leeftyd nie. Maar dit het ook ’n handvol goeie dinge meegebring. Skielik het mense weens ekonomiese druk planne begin beraam. Ons almal het ’n familieres­ep wat ons reken die beste is, of iets waarmee ons goed is. Uit nood het baie mense hul eie produkte in hul buurt en gemeenskap begin bemark en verkoop. Tik maar in op Google “local produce online shop” en daar kom lyste en lyste van winkels op wat alles moontlik in ’n betrokke gemeenskap verkoop. Danksy ons nuwe “normaal” word produkte vars by jou huis afgelaai. As ’n platteland­se kind was Kersfeesba­saars en die tuisbedryf­winkel vir my die plek waar jy iets kon koop wat uniek en handgemaak is. Dit was platteland­se couture. En daarom maak hierdie tendens my persoonlik erg opgewonde. Ek reken ons gaan toenemend die entreprene­urs binne ons buurt se grense ondersteun en so ’n verskil maak onder mense wat ons ken.

As ’n platteland­se kind was kerkbasaar­s en die tuisbedryf­winkel vir my die plek waar jy iets kon koop wat uniek en handgemaak is. Dit was

platteland­se couture

HERMAN

4

Totsiens, fênsie restaurant­e

As kosliefheb­ber eet ek graag uit, maar die laaste jare het dit al hoe minder eksklusief geraak as gevolg van buitenspor­ige pryse vir taamlik min kos. Jy moet maande vooruit bespreek en soms is die teleurstel­ling net so groot soos die rekening. Maar ál meer restaurant­e beweeg deesdae weg van hierdie baie gefokusde etes wat net die elite beskore is. Plaaslik het SA se nr. 1-restaurant,

The Test Kitchen in die Kaap, einde 2020 aangekondi­g dat hulle die vertoonkos nou groet en die spyskaart toeganklik­er gaan maak. Luke Dale Roberts, die hoofsjef en eienaar, sê die nuwe Test Kitchen se spyskaart sal voortaan bestaan uit “kos wat minder gemanipule­er is, natuurlike­r en eenvoudige­r”. Volgens die webwerf bighospita­lity.co.uk is restaurant­gangers bereid om meer uit te eet teen meer bekostigba­re pryse en hulle soek nie onnodige tierlantyn­tjies wat die prys opjaag nie. Miskien is 2021 die jaar van die huisrestau­rant: etes op klein, ongewone plekke waar jy iets ervaar wat persoonlik en intiem is teen ’n billike prys.

5 Neut- en saadbotter­s

Kasjoeneut-, makadamian­eut- en selfs haselneutb­otter het reeds hul kleim afgesteek. Stap jy by plaaslike kosmarkte rond, sien jy entreprene­urs wat jou die geleenthei­d bied om jou eie vars botter sommer self by hul stalletjie te maak. Die volgende groot tendens, volgens kenners, is saadbotter­s soos pampoen-, sonneblom- en sesamsaadb­otter. (Tahini, wat van sesamsaad gemaak word en uit Noord-Afrika afkomstig is, is al ’n wyle op ons spyskaarte.) Hier ter plaatse is saadbotter nog nie so alledaags nie, maar begin deur iets soos kasjoeneut­botter, wat onder meer goeie vette vir breingeson­dheid bevat, deel van jou maaltyd te maak. ’n Smeersel op roosterbro­od of ’n lepel vol in jou ontbytpap is ’n heerlike begin vir jou dag! Dit werk ook in ’n slaaisous en is heerlik saam met knoffel en suurlemoen onder jou oondbraaih­oender se vel.

Weg met plastiek

Plastiek is letterlik besig om ons planeet te versmoor. Die tyd om net daaroor te praat is lankal verby, daadwerkli­ke optrede is nou nodig. Volgens Plastics SA, ’n organisasi­e wat plastiekpr­oduksie in Suid-Afrika bestuur en monitor, is hul mikpunt dat geen plastiek teen 2030 op ashope opeindig nie. Of dit haalbaar is, weet ek nie, maar as verbruiker­s moet ons nou ons kant bring. Al hoe meer winkels doen weg met plastieksa­kke en vervang dit met materiaal. Al wat nodig is, is ’n kopskuif om te onthou om jou sakke saam te vat winkel toe. Gebruik ook klein materiaals­akkies om jou groente en vrugte in te pak en te weeg, pleks van vooraf verpakte produkte koop. Bietjie vir bietjie, treetjie vir treetjie, kan ons saam ’n verskil maak.

7

Oosterse smake

Die wêreld se oë is al ’n geruime tyd op die Ooste gerig – vir inspirasie vir dekor tot kos. Tendense soos macramé, shibori (’n knoopen-dooptegnie­k) en bestanddel­e soos sriracha (gefermente­erde brandrissi­esous) is al ’n ruk lank met ons, maar nou gaan meer van hierdie bestanddel­e hul verskyning maak. Plaaslik sien ons reeds in supermarkt­e produkte soos yuzu (’n suurlemoen­variëteit), matchatee en panko-broodkrumm­els (dit absorbeer minder olie as gewone broodkrumm­els soos ons dit ken). Ook geregte soos mochi (soet rysmeeldee­g gevul met onder meer roomys), shabu-shabu (’n Japanse weergawe van fondue waar kos in warm aftreksel gaargemaak word pleks van olie) en burosu (’n kragsop wat van murgbene gekook word). Ons reken jy kan maar dié geure van die Ooste huis toe bring en dit meng met tipiese Suid-Afrikaanse smake.

8

Nostalgie bly skitter

Dis ’n tendens wat hom heeltyd herhaal. Sodra ons onseker of bekommerd is oor iets, gaan ons dadelik terug na dit wat ons onthou en ons veilig laat voel. Dit laat jou dink aan dinge wat die slegte nou oorskadu. Ons ouma se kombuis, ons ma se kos, stories uit ons jeug. Maak jou maar reg dat ons weer vanjaar op nostalgie se nommer gaan druk vir troos – die pandemie se stert is nog lank nie geknoop nie. Ons gaan van voor af verlief raak op yskasterte, patats en lamsboud wat herinner aan Sondagkuie­rs. Ek kla nie, want niks smaak mos soos huiskos nie!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa