Sarie Kos

10 BESTE KAMPWENKE

-

Ons het gaan kers opsteek by lekkeslaap.co.za om te hoor wat hul beste kampwenke is. Deel ook joune met ons op SARIE se sosialemed­iaplatform­s

1 Indien jy langs water kamp waar die kwik saans nogal laag kan daal, vat ’n paar koerante saam en sit dit onder jou opblaasmat­ras of slaapsak om jou teen die koue te isoleer.

2 Kampkos hoef nie net uit blikke te kom nie, jy kan heerlike varsgemaak­te geregte óók geniet. Vir diegene wat graag slaai maak, draai jou slaaikop in foelie toe, dan bly dit langer vars in die koelboks.

3 Indien jou vuuraanste­kers op is, gooi kookolie oor koerantpap­ier om die vlamme te stook.

4 Maak vuurhoutji­es waterdig deur die voorpunte in naellak of kerswas te doop.

5 Gooi ’n kombers wat as ’n mat kan dien in jou tent, dit sal nie net ekstra gemak oor boomwortel­s bied nie, maar ook die skoonmaak voor jul vertrek soveel makliker en vinniger maak. Skud dit bloot uit en siedaar!

6 Ontdek die wonder van droë sjampoe. Jy vryf bloot hierdie min-moeite-poeiersjam­poe in jou hare, los dit vir ’n paar minute en kam jou hare uit. Die poeier absorbeer olie sodat jou hare weer mooi skoon lyk.

7 As jy nie muskietwee­rder het nie, vryf die binnekant van lemoenskil­le oor jou lyf om die peste weg te hou.

8 Kabelbinde­rs en kleefband kan enige ding regmaak, enige ding! Indien jy nie die hele kleefbandr­ol wil saamneem nie, draai so ’n paar meter om jou vuuraanste­ker.

9 Draai waterbotte­ls in foelie toe om dit langer kouer te hou.

10 As jy wil verseker dat jou tentpenne en -toue nie saans ’n onskuldige verbygange­r pootjie nie, plaas oopgesnyde tennisball­e oor die bokant van die tentpenne. Vir die toue, draai ’n stuk foelie daarom, so halfpad tussen die tent en die pen. Die foelie sal in die lig van ’n flits weerkaats.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa