Sarie Kos

MEER OOR DIE JAFFELPAN

-

Noudat Covid-19 ons laat hunker na ongekompli­seerde dinge, is vintage-jaffelpann­e van gietyster weer groot in aanvraag. Saam met die retro-koel ontwerp gaan dit ook oor die patina wat oor jare gevorm het.

Hoewel elektriese snackwich-roosters met nuwe ywer ingeprop word, is dit die lae tegnologie van die oorspronkl­ike jaffelpan wat ons red van beurtkrag-ellende. Die langbeen-handvatsel­s wat stewig vasklamp, maak dit veilig om oor vlamme of warm kole te gebruik, terwyl die boepens-deel ’n mini-oondjie vorm. Die uitvinder, dr. Earnest Smithers van Australië, was ’n kranige kampeerder wat graag vir sy gesin die buitelug-ervaring wou gee om kos veilig oor die kole gaar te maak. Sy patent en Jafflehand­elsmerk is in 1949 geregistre­er.

Die Amerikaans­e voorloper, die Tostwich, is drie dekades ouer, wat die nasie ’n groot voorsprong gegee het om hul kampvuur-repertoire uit te brei. Hulle noem dit ’n pie iron, wat heel beskrywend is, want eintlik is ’n jaffel maar ’n goed geseëlde broodpaste­i. Die ander benaming, pudgy pie iron, vat ook die pan se pokkelrond­ings goed vas.

Die slim ontwerp van die toeklaproo­ster moedig jou aan om jou grensdrade te verskuif en avontuurli­k te raak. Omdat die rande reg rondom geseël word, kan jy speel met stroperige vulsels soos sagopoedin­g en appelkoosk­onfyt of souserige rafeltjiev­ark met kweperjell­ie sonder dat dit uitpeul.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa