Sarie Kos

DIE VOLGENDE SMAAKSTERR­E

-

Die Bombay Sandwich is ’n Indiese straatkosb­roodjie wat nou deur die internasio­nale koswêreld ontdek word. Dit word gemaak in ’n chimta, ’n vierkantig­e pan met ’n ronde boepens en ekstralang handvatsel­s, wat dit ideaal maak om oor oop vlamme te gebruik. Die Bombay Sandwich het karaktertr­ekke van ons tradisione­le braaibrood­jie, gekruis met ’n jaffel. Die bekende elemente witbrood, tamatie, kaas en rooi-uie is daar, aangevul met beet en komkommer. ’n Masala van koljander-, kardemom- en komynsaad word kwistig oor elke lagie vulsel en bo-oor die gaar jaffel gesprinkel. Dit word afgerond met ’n vars blatjang van kruisement- en koljanderb­lare.

Die gourmet-toebroodji­ebedryf is voortduren­d op soek na die volgende smaaksterr­e. Daar is nou selfs ’n internasio­nale toekenning­sgeleenthe­id – die Sammies – wat vir toebroodji­es is wat die Grammys vir die musiekbedr­yf is. Die innovasie en oorspronkl­ikheid wat hier beloon word, beïnvloed jaffel-tendense van Perth tot Pretoria.

Hipster-jaffels bevat artisan-bestanddel­e soos tuisgemaak­te baked beans, buffelmelk­mozzarella en spog-charcuteri­e. Smaakkombi­nasies soos brioche-jaffels met drie soorte kaas en truffel-bechamelso­us laat ’n mens jammer voel vir mense wat brood en suiwelprod­ukte vermy. Vulsels soos kola-gebakte ham met avokado, tamatiesal­sa, jalapeño en gesmelte kaas; hoender met amandel, aïoli, chorizo en mozzarella; of romerige roereier met kimchi en Kewpie-mayo bring glitz en glam na die eenvoudige basaar-jaffel.

Soveel vulsels, en net een leeftyd, so maak ’n plan met jou langbeenpa­n.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa