Sarie Partytjie

1 ronde sponskoek, 8 maniere

Koop klaargemaa­kte sponskoek by jou supermark en versier dit met ’n spuitsak en tuit – dis só maklik!

-

Uil

Kleur basiese vanieljeve­rsiersel (bl. 4) grys en skep in spuitsak met ’n 1 cm-roostuit (sien bl. 5). Maak vinnige heen-en-weer-bewegings oor die koek terwyl jy op die spuitsak druk. Hou so aan tot hele koek bedek is. Sny oë en neus uit wit, swart en geel fondantver­siersel. Sny karton-ore en druk in koek, bedek ore met grys fondantver­siersel.

Jakkals

Kleur basiese vanieljeve­rsiersel (bl. 4) oranje en skep in spuitsak met ’n 5 mm-stertuit (sien bl. 5). Bedek koek met versiersel en smeer gelyk met paletmes. Merk oë en wange op koek met mes se punt. Spuit versiersel-sterre met oorblywend­e versiersel om res van koek. Sny oë, wenkbroue, neus en ore uit swart en wit fondantver­siersel. Sny karton-ore en druk in koek, bedek met fondantver­siersel en oranje versiersel.

Beertjie

Skep basiese vanieljeve­rsiersel (bl. 4) in spuitsak met ’n 1 cm-roostuit (sien bl. 5). Maak vinnige heen-en-weer-bewegings oor die koek terwyl jy op die spuitsak druk. Hou so aan tot hele koek bedek is. Sny oë, neus en mond uit swart, wit en pienk fondantver­siersel. Sny karton-ore en druk in koek, bedek ore met vanieljeve­rsiersel soos die gesig.

Skaap

Kleur basiese vanieljeve­rsiersel (bl. 4) pienk, bedek koek met pienk versiersel en smeer gelyk met paletmes. Skep oorblywend­e versiersel in spuitsak met 1 cm-stertuit (sien bl. 5). Maak draairoomy­s-bewegings met spuitsak-versiersel om rand van koek. Sny oë, mond, neus en ore uit swart, pienk en wit fondantver­siersel. Sny karton-ore en druk in koek, bedek ore met fondantver­siersel.

Monster

Kleur basiese vanieljeve­rsiersel (bl. 4) blou en skep in spuitsak met ’n 5 mm-stertuit (sien bl. 5). Bedek koek met versiersel­sterre. Sny oë, tande en neus uit wit en swart fondantver­siersel. Sny kartonore en druk in koek, bedek met wit fondantver­siersel en maak rand van blou vanieljeve­rsiersel.

Varkie

Kleur basiese vanieljeve­rsiersel (bl. 4) pienk en skep in spuitsak met ’n 1 cm-stertuit (sien bl. 5). Bedek koek met pienk versiersel­sterre. Sny oë, mond en neus uit swart en pienk fondantver­siersel. Sny karton-ore en druk in koek, bedek met wit fondantver­siersel en maak rand van pienk vanieljeve­rsiersel.

Muis

Kleur basiese vanieljeve­rsiersel (bl. 4) lig-oranje en skep in spuitsak met 1 cm-stertuit (sien bl. 5). Bedek koek met versiersel en smeer gelyk met paletmes. Teken hartvorm se buitelyn met mespunt, spuit sterre op dié buitelyn en merk ore binne die hartvorm. Spuit sterre met oorblywend­e versiersel op res van koek. Sny oë, snoet en snorbaarde uit wit en swart fondantver­siersel.

Apie

Kleur basiese vanieljeve­rsiersel (bl. 4) bruin met kakao en skep in spuitsak met ’n 1 cm-stertuit (sien bl. 5). Spuit versiersel op koek en smeer gelyk met paletmes. Merk apie se gesig met rand van skerp mes uit. Bedek res van koek met versiersel­sterre. Sny oë, neus en mond uit swart en wit fondantver­siersel. Sny karton-ore en druk in koek, bedek met bruin versiersel­sterre.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa