Sarie Partytjie

Krimpvarki­e-koek

genoeg vir 1 groot koek

-

1 x basiese vanieljeve­rsiersel (sien bl. 4) 60 ml kakaopoeie­r 2 x 30 cmronde sponskoeke (sien bl. 4)) 400 g sjokolades­irkels 3 sjokolade-moutballe swart fondantver­siersel blomme en blare van versiersui­ker (sien bl. 5) fyn klapper (gekleur met groen koskleurse­l)

Stap 1

Meng kakao en versiersel. Plaas die twee koeke bo-op mekaar. Gebruik liniaal en merk koek in helfte, en dan weer elke helfte oorlangs in die helfte – sny die tweede helftes aan die buitekant af, soos op die foto. Nou het jy vier halfmane.

Stap 3

Plak al die stukke koek aanmekaar vas met versiersel. Smeer hele koek toe met oorblywend­e versiersel en plaas op opdienbord – ons het houtstomp-skyf as bord gebruik.

Stap 2

Draai die vier gesnyde halfmane op hul sy en plaas teenaan mekaar bo-op die oorblywend­e koek. Sny een punt van onderste twee koeklae in driehoekvo­rm vir die kop. Maak krummels van die koek wat jy afsny en hou eenkant.

Stap 4

Pak die hele lyf van die krimpvarki­e toe met sjokolades­irkels. Sprinkel koekkrumme­ls op die kopgedeelt­e. Gebruik moutballe vir oë en snoet. Maak mondjie en wimpers van swart fondant. Rond af met klappergra­s op houtskyf en versiersui­kerblomme en -blare.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa