Sarie Partytjie

Spinnekop-piñata-koek

-

Die idee kom van die Australies­e kosghoeroe Donna Hay – hier is my weergawe. Lees op bl. 4 meer oor die piñata. genoeg vir 1 koek

olyfolie 300 g donker-baksjokola­de, gesmelt in ’n houer oor ’n pot kookwater 200 g wit-baksjokola­de, ook gesmelt 1 sjokolade-sponskoek van 33 x 52 cm (sien bl. 4) 1 ronde sjokolade-sponskoek, 20 cm in deursnee 1 x basiese vanieljeve­rsiersel (sien bl. 4) groen koskleurse­l kakao 500 g sjokoladeb­alletjies (Astros) 8 buigbare strooitjie­s plastiek-ogies 1 sjokolade-moutbal oranje fondantver­siersel blommetjie­s en skoenlappe­rs van versiersel

Stap 1

Smeer 2-liter-glasbak goed met olyfolie. Gooi albei gesmelte sjokolades in glasbak en beweeg bak rond tot binnekant heeltemal met sjokolade bedek is. Laat staan ’n paar minute tot halfpad gestol en draai bak weer rond. Laat stol in yskas en keer uit.

Stap 3

Sny 2 sirkels uit ronde sponskoek met ronde koekiedruk­kers: een van 5 cm-deursnee en een van 8 cm-deursnee. Kleur oorblywend­e versiersel bruin met kakao. Stapel 2 koeksirkel­s bo-op mekaar en smeer toe met versiersui­ker – jy moet dit rond vorm met ’n paletmes.

Stap 2

Kleur ⅔ van die versiersel groen met ’n paar druppels koskleurse­l. Gebruik ’n grastuit, of ’n stertuit (sien bl. 4) en spuit die sponskoek heeltemal toe met “gras”.

Stap 4

Vul sjokolade-dop met lekkers en plaas papierbord bo-op. Druk bord stewig vas en keer om op koek met gras – die bord keer dat lekkers uitval. Trek bord uit. Plaas koek se kop teenaan lyf. Druk oë, neus (moutbal) en bene (strooitjie­s) op koek. Maak mond met fondantver­siersel. Versier gras met eetbare blomme en skoenlappe­rs.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa