Sarie Partytjie

Uilkoekies

Hulle is te mooi om te eet!

-

genoeg vir 12

• 185 g (200 ml) botter • 250 ml (210 g) strooisuik­er • 5 ml vanieljege­ursel • 1 heel eier • 1 eiergeel • 350 g (625 ml) koekmeel • 24 sjokolades­plinters • 12 ongepelde amandels

Verhit oond tot 180 °C. Room botter, suiker en vanielje met ’n elektriese menger. Voeg eiers by en meng goed. Voeg meel by en meng tot koekiedeeg. Draai in kleefplast­iek toe en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi meel op werkvlak. Rol deeg uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik koekiedruk­ker met deursnee van 8 cm en druk 12 sirkels uit. Sit op bakplaat wat met kleefweren­de kossproei gespuit is. Sny 24 kleiner sirkels met deursnee van 2 cm uit deeg. Plaas 2 bo-op elke sirkel (vir die oë) en druk vas. Druk ’n sjokolades­plinter in elke kleiner sirkel en plaas ’n amandel op sy sykant tussen deegsirkel­s vir die bek. Gebruik skerp mes en sny so 5 mm-stukkie deeg van die bokant van elke sirkel af (sien foto). Druk patrone met vurk se punt en bak 12 – 15 minute of tot goudbruin en gaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa