Sarie Partytjie

Jogurt-ysies

Kleurryke lae jogurt sonder ekstra suiker – dit vra net geduld.

-

genoeg vir 12

• 4 soorte jogurt, 250 ml elk (ons het aarbei, vanielje, sjokolade en grenadella gebruik) • 12 roomysstok­kies

Skep eerste laag jogurt in 12 roomys-vorms met volume van 100 ml elk. Vries tot net ferm gestol. Druk houtstokki­es in en vries tot hard. Skep volgende laag jogurt op en vries weer. Herhaal tot al die jogurt op is. Hou in vrieskas.

WENK Maak papierhoue­rs vir roomys so: Sny stroke bakpapier en stik die kante toe met kleurryke gare en ’n sigsag-patroon.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa