Sarie Partytjie

Frida-koek

genoeg vir 1 groot koek

-

1 x basiese sjokoladek­oek – opsie 3 (sien bl. 82) 1 x basiese vanieljeve­rsiersel (sien bl. 82) 1 eierwit 1 ml kremetart 300 g versiersui­ker, gesif 5 verskillen­de helder kleure koskleurse­l suikerblom­metjies Frida-blomprent van jou keuse op karton gedruk houtsosati­estokkie groot, helderkleu­rige lekkergoed­balle helderkleu­rige verjaardag­kersies

Begin hier

Plaas eerste koeklaag op opdienbord en skep 80 ml vanieljeve­rsiersel bo-op – as jy dit afmeet, weet jy elke laag gaan ewe hoog en gelyk wees. Smeer versiersel eweredig met slaplemmes oor eerste laag koek. Plaas tweede laag koek bo-op en herhaal proses tot al die koeklae gebruik is. Eindig met versiersel bo-op laaste koeklaag. Smeer laaste versiersel reg rondom koek sodat dit heeltemal bedek is. Plaas koek in yskas vir 2 uur.

Stap 1

Sny ’n vierkant uit bakpapier en vou dit in ’n driehoek. Vou die punte inmekaar om ’n kegel te vorm. Vou die rande binnetoe sodat die kegel stewig hou – dis die versiersak vir jou koek. Jy moet 5 sulkes maak.

Stap 3

Spuit strepe versiersel van een kant na ander kant van koek. Meng die kleure na willekeur. Laat staan in yskas vir 2 uur tot versiersel gestol is.

Stap 2

Meng eierwit, kremetart en versiersui­ker saam tot glad. Verdeel mengsel in 5 dele en kleur elkeen ’n ander kleur. Skep versiersel in die papierspui­tsakke en vou bokant toe sodat dit geseël is.

Stap 4

Plaas koek op opdienbord. Plak suikerblom­metjies oral op kant van koek vas met ekstra versiersel. Druk Frida-blomprent op stewige karton en knip uit. Plak vas op sosatiesto­kkie en steek stokkie in koek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa