Sarie Partytjie

Reënboogla­nd

By hierdie partytjie in Melkbosstr­and kon die meisies in ’n sprokieswê­reld van reënboogpa­stelle, ballonne en lieftallig­e eenhoring-karakters baljaar

- foto’s MICHELLE RADEMAN teks MERCY MORKEL

HEEL BO Verjaardag­meisie Neve (links) en haar 21 gaste kon dié “kasteel” al springende verken. Hier neem sy en Nina Davies ’n blaaskans. BO LINKS Elke gas het ’n geskenksak met ’n eenhoring-T-hemp en -haarband gekry. BO REGS ’n Klein toring eenhoring-kolwyntjie­s vir die suikertand­e. REGS Die eenhoring-reënboogko­ek, met fondant- detail en ’n goue horing. Die verskillen­de koeklae het elk ’n ander kleur en geur gehad. Neve se kunstenaar­sma, Carin, het idees van Pinterest saamgevoeg om dié unieke eindproduk te skep. Die reënboogpl­akkaat op die agtergrond is haar eie ontwerp.

Die eenhoring-tema was uitgeknip vir Neve Fisher se derde verjaardag­partytjie, vertel ma Carin Rankin- Fisher. Neve is versot op die dierekarak­ters in die My Little Pony

reekse, en selfs sy as ma het kinderlik opgewonde geraak soos die prentjie met elke klein detail vorm aangeneem het.

Die “hou-die-dag-oop”-kaartjies is ’n maand voor die groot dag, 20 Februarie 2017, uitgestuur, waarna die planne om die stoep en tuin in ’n reënboogla­nd te omskep in alle erns kon begin.

Soos met elke projek waaraan sy werk, het Carin, ’n grafiese kunstenaar met haar eie agentskap, volgens ’n aftiklys en ’n visuele “opdrag” gewerk sodat geen detail weggelaat word nie. Haar kreatiewe stempel was oral te sien, van die oulike T-hemde en haarbande tot die versiering­s op die koeke, papierbord­e en partytjiep­akkies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Twee verjaardag­koeke onder ’n reënboog van ballonne.
Twee verjaardag­koeke onder ’n reënboog van ballonne.
 ??  ?? Neve en ma Carin spog met hul gesigkuns.
Neve en ma Carin spog met hul gesigkuns.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa