Sarie Partytjie

Diersilhoe­ëtkoekies

-

(bl. 10) Maak enige kinderhart bly met hierdie mooi koekies. Dit klink dalk na moeite, maar is eintlik maklik – dit neem net tyd. genoeg vir 16

• 1 eierwit • 1 ml kremetart • 300 g versiersui­ker, gesif • buitelynte­keninge van diere (soek op die internet of probeer jou eie teken) • vanieljeko­ekies om te versier • jel-koskleurse­l in die kleure

van jou keuse • spuitsak vir elke kleur

versiersel • nr. 1- en nr. 3-versierspu­ite • waspapier • papier en pen • maskeerban­d • handwerkme­s

Klits eierwit en kremetart tot skuimerig. Voeg versiersui­ker

by en klits stadig met elektriese klitser tot mengsel dik en wit is. Meng bietjie water by tot versiersel net-net van ’n lepel af drup. Dit moet styf genoeg wees om vorm te behou. Maak diersilhoe­ëtte só:

Besluit watter ontwerpe jy gaan gebruik. Maak seker die ontwerpe is kleiner as die koekies. Teken ontwerpe op papier oor. Sit die nr. 1-spuit in sak met wit versiersel. Sit papier met ontwerpe op ’n plat bord en plak ’n stuk waspapier booor vas met maskeerban­d. Trek die buitelyne van die ontwerpe met versiersel na en vul dan die binnekant. Sit eenkant om hard te word. Sny waspapier dan in vierkante, elkeen met sy eie versiersel­silhoeët op, en verwyder elke silhoeët versigtig van waspapier. Let wel: Die silhoeëtte is baie bros – hanteer dit dus baie versigtig.

Versier koekies só: Meng nog ’n bietjie water by orige versiersel. Trek ’n lepel daardeur om die dikte te toets – dit moet binne 8-10 sekondes stol met ’n gladde oppervlak. Kleur in die kleure van jou keuse. Vul spuitsakke met nr. 3-spuite met die gekleurde versiersel. Spuit ’n netjiese raam ’n millimeter van die rand van die koekie. Vul binnekant. Sit diersilhoe­ët versigtig in middel van versierde koekie. Laat staan vir 2-3 uur of tot heeltemal droog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa