Sarie Partytjie

Stokbrood

-

(bl. 10) Laat die kinders self hul brood oor louwarm kole braai.

LET WEL Volwasse toesig is noodsaakli­k wanneer kinders naby ’n vuur of warm kole is. genoeg vir 6-8

• 1 x 10 g-pakkie kitsgis • 15 ml sout • 15 ml heuning • 15 ml olyfolie • 300 ml water • 500 g (875 ml) broodmeel

Meng gis, sout, heuning en olie in groot mengbak met water. Voeg meel geleidelik by terwyl jy met houtlepel meng. Voeg genoeg meel by om kniebare deeg te vorm. Knie 8-10 minute op meelbestro­oide werkvlak. Plaas deeg in bak wat met olie gesmeer is en bedek met kleefplast­iek. Laat rys op warm plek tot dubbel die volume – sowat 30 minute. Verdeel deeg in 6 balle. Rol elke bal in ’n lang wors van sowat 30 cm. Draai in ’n spiraal om die punt van ’n dikkerige stok. Druk die voorste punt goed vas. Braai oor warm kole (sowat 30 cm weg) tot goudbruin en gaar – sowat 25 minute. Trek van stok af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa