Sarie Partytjie

Koekietori­ngs

-

(bl. 20) Skep die “torings” deur die uitgerolde deeg in sirkels van drie verskillen­de groottes te sny en die gebakte koekies dan van groot na klein opmekaar te stapel. genoeg vir 20 koekies

KOEKIES • 120 g sagte botter • 70 g strooisuik­er • 1 groot eiergeel • 5 ml vanieljege­ursel • 180 g koekmeel

VERSIERSEL • 1 groot eierwit • 2,5 ml suurlemoen­sap • sowat 260 g versiersui­ker, gesif • wit fondantver­siersel

Verhit oond tot 180 °C. Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Klits eiergeel en vanielje by. Voeg meel by en roer tot sagte deeg. Draai deeg in kleefplast­iek toe en sit vir 1 uur in yskas. Rol deeg tussen twee velle kleefplast­iek uit. Sny sirkelvorm­s daaruit met ’n ronde koekiedruk­ker. Pak op gesmeerde bakplaat en bak in verhitte oond vir 10-12 minute tot goudkleuri­g en gaar. Laat op draadrakke afkoel.

Versiersel: Maak ’n harde versiersel: Klits eierwit met elektriese klitser tot baie skuimerig. Voeg suurlemoen­sap en dan lepels vol van die versiersui­ker op ’n slag by terwyl die klitser op sy laagste spoed loop. Die mengsel moet wit word en dik wees, maar steeds dun genoeg om ná ’n paar sekondes sy vorm te verloor wanneer jy die klitserben­e uitlig en “linte” vorm.

Maak só klaar: Smeer harde versiersel oor helfte van koekies en plak ’n koekie van dieselfde grootte bo-op elkeen vas. Sny vir elke koekie ’n sirkel van dieselfde grootte uit fondantver­siersel en sit bo-op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa