Koek met ge­hei­me sjo­ko­la­de­hart

Sarie Partytjie - - Myself -

(bl. 21) Dit mag dalk lyk na baie werk, maar dit verg net ’ n klein bie­tjie ek­stra tyd. ge­noeg vir 1 koek

KOEK • 125 g sag­te bot­ter • 210 g strooi­sui­ker • 2 ek­stra­groot ei­ers • 5 ml va­niel­je­geur­sel • 240 g koek­meel en 40 g ka­ka­o­poei­er vir die sjo­ko­la­de­koek (ge­bruik 280 g koek­meel vir die va­niel­je­koek) • 10 ml bak­poei­er • kny­pie sout • 250 ml melk • klein sui­ker­blom­me­tjies

vir ver­sie­ring

VER­SIER­SEL • 130 g ver­sier­sui­ker • 10 g ka­ka­o­poei­er • 30 ml kook­wa­ter

Maak eers be­slag vir

sjo­ko­la­de­koek aan: Ver­hit oond tot 180 °C. K­lits bot­ter en strooi­sui­ker saam tot lig en ro­me­rig. Voeg ei­ers by en k­lits goed. Voeg va­niel­je­geur­sel by en k­lits. Sif koek­meel, ka­ka­o­poei­er, bak­poei­er en sout saam in ’n bak en vou om die beurt met die melk by die bot­ter­meng­sel in. Skep sjo­ko­la­de­koek­be­slag in ’n ge­smeer­de brood­pan. Plaas in warm oond en bak vir

50- 60 mi­nu­te of tot dit gaar is en ’n toets­pen skoon uit­kom. Haal koek uit oond en sit een­kant om heel­te­mal af te koel. Plaas vir ’n paar uur of oor­nag in ys­kas om ferm te word. Haal uit ys­kas en sny koek in sky­we van 2 cm dik. Pak sky­we op ’n plat op­per­vlak uit en ge­bruik hart­koe­kie­druk­ker om ’n hart in die mid­del van el­ke sny te druk. Hou hart­vorms een­kant en ge­bruik af­val­stuk­ke vir ’n an­der ge­reg, by­voor­beeld in ’n trifle of om sjo­ko­la­de­truf­fels te maak. Maak nou be­slag vir va­niel­je

koek aan: Ver­hit oond tot 180 °C. Maak be­slag net soos vir sjo­ko­la­de­koek aan, maar pas die hoe­veel­heid meel aan en moe­nie ka­kao by­voeg nie. S­meer ’n der­de van die be­slag oor die ba­sis van ’n brood­pan wat met bak­pa­pier uit­ge­voer en met kleef­we­ren­de kos­sproei ge­spuit is. Pak sjo­ko­la­de­har­te reg­op in mid­del van die va­niel­je­koek­be­slag in pan. Skep o­ri­ge be­slag ver­sig­tig om en oor die sjo­ko­la­de­har­te. Plaas in oond en bak vir 45-55 mi­nu­te in warm oond of tot gaar. Haal uit oond en sit een­kant om heel­te­mal af te koel.

Ver­sier­sel: Keer koek uit pan. Sif ver­sier­sui­ker en ka­kao saam in ’n bak. Roer kook­wa­ter bie­tjies-bie­tjies by om ’n glad­de, smeer­ba­re ver­sier­sel te vorm. S­meer oor koek en ver­sier met klein sui­ker­blom­me­tjies. Sny koek ver­sig­tig in sky­we so­dat jy die ge­hei­me hart kan sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.