Sarie Partytjie

Maklike reënboogko­ek

Partytjiek­oeke kan jou slapelose nagte gee, maar Glad- bakpapier maak dit makliker omdat jy weet die koek sal nie vassit aan die pan nie

-

Reënboogko­ek

genoeg vir 1 groot koek

2 x 600 g-bokse vanieljeko­ekmengsel 4 eiers 500 ml melk 100 g kleurstroo­isels ( rainbow vermicelli) VERSIERSEL 500 g botter 750 g versiersui­ker, gesif 5 ml vanieljege­ursel 200 g kleurstroo­isels 12 pastelkleu­r meringues

Verhit oond tot 180 °C. Voer bodem en kante van drie ronde panne van 20 cm in deursnee uit met Glad- bakpapier (foto 1). Maak koekmengse­ls aan volgens aanwysings op boks. Meng kleurstroo­isels by en verdeel beslag tussen die panne (foto 2). Bak vir 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Terwyl koeke bak, maak versiersel: Klits botter met elektriese menger tot lig en romerig. Voeg versiersui­ker en vanielje by en meng goed. Keer koeke uit en laat afkoel tot koud. Gebruik kartelrand­mes en sny elke koeklaag se bokant mooi gelyk. Plaas eerste laag pankant na onder op opdienbord. Smeer ¼ van versiersel oor en plaas tweede laag pankant na onder bo-op. Smeer nog ’n ¼ van versiersel oor en plaas laaste koeklaag pankant bo bo-op. Smeer orige versiersel bo-op en rondom koek. Hou ’n bietjie versiersel eenkant as jy rosette bo-op koek wil spuit. Bedek die hele koek met kleurstroo­isels. Rond af met meringues.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa