Sarie Partytjie

Ons bou!

- foto’s WILLEM LOURENS teks MERCY MORKEL

Kinders wil net speel, lekkers eet en presente oopmaak, weet Amaria Erasmus, SARIE-moderedakt­eur, uit ondervindi­ng. ’n Temapartyt­jie is die kersie op die koek

A maria Erasmus (Carstens) en haar man, Chris, volg die goue reël om vroegtydig reeds idees uit te ruil en dan te besluit wat binne hul begroting gaan pas. Hul kreatiewe vernuf word behoorlik ingespan vir alles van die dekor tot die piñata.

Sebastian het die tema vir sy vierde verjaardag self gekies. Lego is sy gunsteling-speelgoed. Die partytjie was gedurende die skoolvakan­sie, dus is die uitnodigin­gs reeds ses weke voor die tyd uitgestuur om ’n aanduiding te kry van hoeveel maats kom.

As werkende ma verkies Amaria middagpart­ytjies sodat sy die oggend alles rustig gereed kan kry. “Jy bespaar ook om voor of ná middagete partytjie te hou. Dit skakel middagete vir die gaste uit. Grootmense kry ’n kaasbord met kraakbesku­itjies. Kinders kry nie baie eetgoed nie, want dit word dikwels vermors. En almal smul saam aan die verjaardag­koek vir iets soets.”

 ??  ?? Maak ’n wens en blaas! Sebastian Erasmus se verjaardag was op 4 Julie 2017.
Maak ’n wens en blaas! Sebastian Erasmus se verjaardag was op 4 Julie 2017.
 ??  ?? REGS Die Erasmus- gesin by die partytjie by hul huis in Melkbosstr­and, Kaapstad. Van links is Stella (6), Amaria en pa Chris, ’n projekbest­uurder, by die verjaardag­man.
REGS Die Erasmus- gesin by die partytjie by hul huis in Melkbosstr­and, Kaapstad. Van links is Stella (6), Amaria en pa Chris, ’n projekbest­uurder, by die verjaardag­man.
 ??  ?? Die Lego-manmaskers is met laser gesny. Die kinders kon die gesigte versier soos hulle wou. Ousus Stella gee háár masker mooi wimpers!
Die Lego-manmaskers is met laser gesny. Die kinders kon die gesigte versier soos hulle wou. Ousus Stella gee háár masker mooi wimpers!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa