Sarie Partytjie

Soet pienk springmiel­ies

-

Plaas 250 ml suiker,

30 ml gouestroop en 85 ml water in klein pot. Roer af en toe oor matige hitte tot suiker opgelos het. Laat prut dan oor lae hitte sonder om te roer tot die mengsel sagtebalst­adium bereik (230 °C op ’n suikerterm­ometer). Voeg ’n paar druppels pienk koskleurse­l

by. Haal van die plaat af en giet oor 750 ml vars springmiel­ies. Roer goed deur en sprei uit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is om heeltemal droog te word. Bêre in ’n lugdigte houer.

Kopieer ’n mooi ontwerp op papier en vou dit in kegelvorms wat jy vol lekkerte maak. genoeg vir 8-10

• 750 ml gewone sout springmiel­ies (sowat 125 ml pitte) • 750 ml soet pienk

springmiel­ies (resep op bl. 47) • 200 g droëvrugte-en

neutmengse­l • 200 g sjokoladeb­edekte

moutballe • 500 ml ronde sesambedek­te

pretzels •500 ml ontbytgraa­n wieletjies

(Oaties) • 250 ml ongegeurde sev-tjips

(Indiese snoepgoed)

Meng al die bestanddel­e in ’n groot bak en bêre in ’n lugdigte houer. Sit voor in papierkege­ls of -sakkies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa