Reënboogkoekies
(bl. 66) Dié koekies is baie min werk en kinders is mal daaroor. genoeg vir 24 • 2 eierwitte • 260 g (500 ml) versier
suiker, gesif • 24 ronde sjokoladekoekies • 100 g kleurstrooisels
Meng eierwitte en versiersuiker met draadklitser tot gladde mengsel. Voer bakplaat met bakpapier uit. Dompel koekies in versiersuikermengsel en lig uit met vurk. Laat ekstra mengsel afloop. Plaas op bakplaat. Herhaal met al die koekies. Sprinkel kleurstrooisels oor en laat staan tot gestol en hard – sowat 4 uur. Sit voor.