sewe met swa­ne

Wat kan dan vrou­li­ker en vro­li­ker wees as ’n par­ty­tjie met swie­ri­ge swa­ne in sag­te spro­kies­kleu­re van wit, roos­goud en goud … Klein S­tel­la Eras­mus se ver­jaar­dag was ’n styl­vol­le ge­leent­heid

Sarie Partytjie - - Inhoud - DEUR MARGUERITE VAN WYK FO­TO’S WIL­LEM LOU­RENS

Wit, op­ge­blaas­de swa­ne het ge­dryf op die swem­bad, en roos­goue, goue en wit bal­lon­ne het lig­gies ge­wieg in die wind . . .

Dís wat vir S­tel­la Eras­mus van Melk­bos­strand ge­wag het toe sy haar se­wen­de ver­jaar­dag­par­ty­tjie saam met ne­ge maat­jies – sewe mei­sies en twee seuns – ge­vier het. Haar ma, A­ma­ria Car­stens, SARIE se mo­de­re­dak­teur, het dae lank ge­werk om dié fee­tjie­wê­reld vir haar dog­ter te skep.

Die uit­no­di­gings – kaar­tjies met ’n pas­tel­kleu­ri­ge swaan in ’n goue kroon daar­op – is ont­werp deur Ni­co­la Blom, A­ma­ria se sus­ter.

Dis so­wat drie we­ke voor die groot dag uit­ge­stuur.

Al­ler­lei kuns-e­le­men­te het deel uit­ge­maak van die ok­ka­sie van 11 vm. tot 3 nm., bv. ’n piña­ta (ver­sier­de hou­er vol klein ge­sken­kies en/of lek­kers), swaan-en-pol­ka­kol-vlag­gies teen die muur, ’n room­kleu­ri­ge swaan­koek, hand­ge­maak­te kar­ton­bok­se vir lek­ker­goed en swaan-ge­sig­mas­kers. Die klein­goed het boon­op hul eie swaan­kuns­werk ge­maak wat hul­le huis toe kon neem, kom­pleet met ve­re ver­sier . . .

Vro­li­ke bal­lon­ne hang bo­kant die par­ty­tjie­ta­fel, met lek­ker­goed­bok­se en pa­pier­bor­de wat met pol­ka­kol­le in die­self­de kleu­re ver­sier is.

1. Op­blaas-swa­ne net waar jy kyk, saam met goue, wit en roos­goue bal­lon­ne in die swem­bad. 2. Wat ’n vro­li­ke koek — vier lae van lig- tot don­ker­pienk, met bot­ter­ver­sier­sel tus­sen­in. 3. Pa Chris Eras­mus, ’n pro­jekin­ge­ni­eur, het bal­lon­ne en swa­ne help op­blaas, en sit trots saam met S­tel­la, die ver­jaar­dag­mei­sie, en Se­bas­ti­an en ma A­ma­ria, wat al­les haar­fyn be­plan het. 4. Al sewe ker­sies word dood­ge­blaas . . . Mooi so, S­tel­la! 5. El­ke kind het sy/haar eie swaan-mas­ker ge­kry om die mid­dag nog in­te­res­san­ter te maak – en som­mer ook soos ’n e­le­gan­te swaan te voel.6. Die ge­sog­te piña­ta, vol­ge­stop met lek­kers wat nie kan breek nie soos Fiz­zers en mal­va­lek­kers. Op hier­die dag kon die kin­ders na har­te­lus soet wees van kroon tot toon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.