Maak só klaar

Steek ho­ring en ore in koek. Bon­del en­gel­ha­re saam en plaas tus­sen die ore. K­nip wenk­broue uit kar­ton en plaas op koek. Rond af met eet­ba­re blom­krans.

Sarie Partytjie - - Vir Meisies -

Stap 1

Maak ore en ho­ring met fon­dant­ver­sier­sel. Druk so­sa­tie­stok in ho­ring en tan­de­stok­kies in ore so­dat jy dit la­ter in die koek kan vas­steek. Rol in eet­ba­re blad­sil­wer en los oor­nag om droog te word.

Stap 2

Plaas eer­ste koek­laag op op­dien­bord en skep 80 ml bot­ter­ver­sier­sel bo-op – as jy dit af­meet, weet jy ál die lae gaan ewe hoog wees. Smeer die ver­sier­sel e­we­re­dig oor koek met slap­lem­mes. Plaas twee­de koek­laag bo-op en her­haal pro­ses tot al die koek­lae ge­bruik is. Ein­dig met ver­sier­sel bo-op laas­te koek­laag.

Stap 3

Kleur die bot­ter­ver­sier­sel lig­pienk. Skep in ver­sier­sak met plat tuit van 1 cm. Be­dek he­le koek met ver­sier­sel.

Stap 4

Ge­bruik slap­lem­mes en smeer die ver­sier­sel net­jies glad rond­om die koek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.