Sarie Partytjie

Oorleef jou partytjie

- FOTO LEANA CLUNIES-ROSS

Die kykNET-persoonlik­heid en Kwêla- veldaanbie­der Minki van der Westhuizen deel ’n paar wenke om seker te maak jy as ouer oorleef ’n kinderpart­ytjie en die reëlings daarvoor. Sy en haar man, Ernst Joubert, het drie dogters: Katerien (4), Elise (3) en Elsa, wat vroëer vanjaar gebore is. Hou liefs jou kind se partytjie by ’n ander plek as jou huis

Vir my as ma van twee kleuters en ’n baba is dít een van die belangriks­te wenke – om eerder nie ’n partytjie by jou huis te hou nie. Die moontlike chaos en skoonmaak ná die tyd gaan jou gou laat vergeet hoe lekker dit was.

Kies vroegtydig ’n datum

Dis belangrik om minstens twee maande voor die partytjie te begin beplan wat jy wil doen en waar jy dit wil hou. Kyk mooi na datums en neem in ag wanneer daar vakansieda­e of langnaweke is. Vra ook ander ouers of hulle dink die datum is werkbaar. Probeer dan om ’n maand voor die tyd die datum vas te maak en die uitnodigin­gs uit te stuur. As jy nog nie ’n plek vir die partytjie het nie, stuur ten minste ’n “hou-diedatum-oop”-uitnodigin­g.

Vra hulp! Stel betyds ’n gastelys saam

Die gastelys vir ’n kinderpart­ytjie kan nogal probleme veroorsaak. In die geval van kleuters besluit die ouers wie genooi word, maar dis belangrik om die kinders te vra watter maatjies hulle daar wil hê. As daar niggies of nefies van dieselfde ouderdom is, is dit ’n goeie idee om met hul name te begin. As jy jou gastelys moet beperk, nooi dalk net maats van jou kind se geslag. Besluit ook vroegtydig of jy ouers gaan nooi of nie, maar met kinders onder vyf jaar oud sal jy waarskynli­k moet. Maak seker jou uitnodigin­g sê dit is vir die maatjie plus een ouer, en as die ouers daar is, moet jy aparte versnaperi­nge vir hulle hê. Dis ook raadsaam om voorsienin­g te maak vir ’n ekstra gas of twee.

Moenie met ander partytjies meeding nie

Net soos kinders nie met mekaar vergelyk moet word nie, moet dit ook nie met partytjies gebeur nie. Dit is nie ’n gewildheid­skompetisi­e nie en wanneer jy dit beplan, moet ’n ander maatjie se partytjie nie in jou agterkop wees of bepaal wat jy gaan doen nie. Dit gaan oor jóú kind, jou begroting en wat júlle sal geniet. Jou kind sal weet dat jy dit regtig probeer spesiaal maak het vir hom of haar, en dis al wat tel. Moenie bang wees om hulp te vra nie. Jy kan beslis nie ’n kinderpart­ytjie op jou eie aanpak nie, en op die dag van die partytjie sal jy baie dankbaar wees vir ’n ekstra paar hande. As Ouma of Oupa daar kan wees, sal hulle natuurlik ook ’n wakende oog hou. Of nooi die peetouers of goeie vriendinne om hand by te sit.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa