Sarie Partytjie

Fantasie-sjokolade

-

(bl. 10) Belaai met soetgoed. GENOEG VIR 8

• 300 g wit baksjokola­de

• 100 g Smarties

• 100 g mini-malvalekke­rs

• hand vol sterretjie­sprinkels • hand vol eetbare silwer blinkers

Smelt sjokolade in glasbak oor pot met kookwater. Moenie dat die bak aan die water raak nie.

Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Skep gesmelte sjokolade op bakplaat en smeer met agterkant van ’n lepel tot sowat 3 mm dik. Sprinkel res van bestanddel­e oor en laat stol tot hard in yskas. Breek in stukke en sit voor.

 ??  ?? SARIE 2020
SARIE 2020

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa