Sarie Partytjie

Ys-paradys doughnuts

-

Niemand kan nee sê nie. GENOEG VIR 8

• 125 ml louwarm melk

• 30 ml strooisuik­er

• 20 ml heuning

• 80 g botter, gesmelt

• 2 eiers

• 1 x 10 g-sakkie kitsgis

• 350 g (625 ml) koekmeel

plus ekstra vir uitrol

• 5 ml vanieljege­ursel

• 130 g (250 ml) versiersui­ker • sap van 1 suurlemoen

• pienk koskleurse­l

• olie vir diepbraai

• 200 g (250 ml) kaneelsuik­er • hand vol kleurstroo­isels

( hundreds and thousands)

Plaas melk, suiker, heuning, botter, eiers, gis, koekmeel en geursel in elektriese menger se bak. Klits by hoë spoed met mengspaan ( K-beater) tot mengsel in een bal saamkom. Sit deeg in skoon bak. Draai toe met kleefplast­iek en laat rys 45-60 minute op ’ n warm plek of tot dubbel die volume. Sprinkel meel op werkvlak, keer deeg uit en druk plat met vingerpunt­e tot sowat 1 cm. Druk met ’n ronde koekiedruk­ker van sowat 8 cm sirkels uit. Vat ’n kleiner een van 2 cm en druk ’n gaatjie in die middel van elke groot deegsirkel. Plaas deegsirkel­s op ’n bakplaat wat met meel besprinkel is en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 10 minute. Terwyl deeg rys, meng versiersui­ker en suurlemoen­sap. Kleur versiersel pienk met paar druppels kleursel. Verhit intussen sonneblomo­lie en gooi deegsirkel­s in warm olie. Braai 3-5 minute per kant of tot goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier en rol in kaneelsuik­er. Doop elke doughnut in pienk versiersel. Sprinkel strooisels oor. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa