Sarie Partytjie

Aarbeiroom­ys

-

(bl. 12) Deesdae kry jy roomysvorm­s om elke hoek en draai. Gebruik sommer gekoopte roomys.

GENOEG VIR 8

• 500 ml vanieljero­omys

• 250 g bevrore aarbeie, ontdooi • hand vol kleurstroo­isels

( hundreds and thousands)

• roomysvorm met 8 holtes van

250 ml elk

• 8 hout-roomysstok­kies

• 100 g witsjokola­de, gesmelt • eetbare silwer blinkers

( glitter, kyk by bakwinkels)

Plaas roomys en aarbeie in menger en klits tot goed gemeng. Meng kleurstroo­isels deur. Skep in roomysvorm­s en druk roomysstok­kie in elke holte. Vries oornag. Doop vorm vinnig in kookwater en trek roomys uit. Doop elke roomys halfpad in gesmelte witsjokola­de en dan die punte weer in silwer blinkers. Plaas op bakplaat met bakpapier in vrieskas tot sjokolade hard is. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa