Sarie Partytjie

Piñata

-

Jy kan dit koop, maar selfmaak is baie meer pret en dis maklik. Gebruik ’n ronde geskenkbok­s van sowat 30 cm in deursnee. Vul die boks met lekkers van jou keuse en plak die deksel met houtgom vas aan die boks. Sny lang repe wit sneespapie­r en knip die rand van die strook in kepe van 1 cm breed sodat dit ’n tosselvoor­koms kry. Plak die repe oor die hele boks – sien foto. Sny oë, horing en ore uit ekstra papier en bedek dit met silwer blinkers. Plak op die eenhoring-piñata. Rond alles af met ’n bos engelhare (kyk by bloemiste). Hang op in ’n boom, blinddoek kinders en laat hulle die piñata om die beurt met ’n stok slaan tot dit oopbars.

 ??  ?? SARIE 2020
SARIE 2020

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa