Sarie Partytjie

Broodslakk­e

-

Koop winkeldeeg vir kortpad. GENOEG VIR 12

• 500 g winkeldeeg • koekmeel vir uitrol

• 125 g-houer tamatiepes­to • 24 heel naeltjies

• 12 pretzel-stokkies,

middeldeur gebreek

Verhit oond tot 180 °C. Verdeel winkeldeeg in 12 dele en rol elke deel met ekstra koekmeel in lang wors van 20 cm lank. Gebruik koekroller en rol ⅔ van die deegwors plat. Smeer tamatiepes­to op plat deel en rol stewig op – dis die dop van die slak. Plaas op bakplaat wat goed met kleefweren­de kossproei gespuit is. Herhaal met res van deegworse, steek twee naeltjies in elke slak vir oë en twee pretzelsto­kkies vir horings. Bak vir 12-25 minute of tot goudbruin en bros.

Laat effens afkoel. Gebruik skerp mes en sny kante van doppe reguit – jy kan dit ook net so ongesny voorsit, as jy wil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa