Sarie Partytjie

Uilkoekies

-

Hulle is te mooi om te eet! GENOEG VIR 12

• 185 g (200 ml) botter

• 250 ml (210 g) strooisuik­er • 5 ml vanieljege­ursel

• 1 heel eier

• 1 eiergeel

• 350 g (625 ml) koekmeel • 24 sjokolades­plinters

• 12 ongepelde amandels

Room botter, suiker en vanielje met ’n elektriese menger. Voeg eier en eiergeel by en meng goed. Voeg meel by en meng tot koekiedeeg. Draai in kleefplast­iek toe en laat rus in yskas vir 25 minute. Verhit oond tot 180 °C. Strooi meel op werkvlak. Rol deeg uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik koekiedruk­ker met deursnee van 8 cm en druk 12 sirkels uit. Sit op bakplaat wat met kleefweren­de kossproei gespuit is. Sny 24 kleiner sirkels met deursnee van 2 cm uit deeg. Plaas 2 bo-op elke sirkel

(vir die oë) en druk vas. Druk ’n sjokolades­plinter in elke kleiner sirkel en plaas ’n amandel op sy sykant tussen deegsirkel­s vir die bek. Gebruik skerp mes en sny so 5 mm-stukkie deeg van die bokant van elke sirkel af (sien foto). Druk patrone met vurk se punt en bak 12-15 minute of tot goudbruin.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa