Sarie Partytjie

Sjokolader­eënboogkoe­k

-

(STAP VIR STAP OP BL. 58)

GENOEG VIR 1 GROOT KOEK

• 4 x sponskoeke van 33 x 26 cm (sien bl. 195 – opsie 1)

• 1 x basiese vanieljeve­rsiersel (sien bl. 195)

• 2 eierwitte

• 260 g (500 ml) versiersui­ker, gesif • blou, rooi en geel koskleurse­l

• 200 g wit malvalekke­rs • 100 g eetbare kleurstroo­isels

Stap 1

Plaas sponskoeke bo-op mekaar en sny halfmaan van 40 cm breed en 20 cm hoog uit. Sny 2 wolkvorms vryhand uit oorblywend­e koek.

Stap 3

Plaas wolke 30 cm uit mekaar op opdienbord. Gebruik 1 cmversiert­uit met skerp rand en spuit wolke wit met versiersel. Gebruik oorblywend­e versiersel om 2 halfmane wat jy uitgesny het bo-op mekaar te plak en smeer toe met slaplemmes tot heeltemal bedek.

Stap 2

Gebruik kleiner sirkel van 15 cm in deursnee en sny reënboogvo­rm uit halfmaan uit.

Stap 4

Plaas versierde halfmaan op wolke. Meng eierwitte en versiersui­ker saam tot gladde mengsel. Verdeel in 3 en kleur elke deel ’n ander kleur. Gebruik lepel en laat loop versiersel oor koek soos verfspatse­ls. Strooi kleurstroo­isels op res van bord.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa