Sarie Partytjie

Lagiesjell­ie

-

Elke lagie jellie moet eers stol voor die volgende een bo-op kan kom en dit verg tyd, maar dis baie lekker en kinders is mal daaroor.

GENOEG VIR 8

• 2 x 80 g-boksies geel jellie

• 2 x 80 g-boksies rooi jellie • 20 ml gelatienpo­eier

• 30 ml water

• 1 x 385 g-blik kondensmel­k • 250 ml kookwater

• 1 liter vanieljero­omys • sjokolades­kaafsels vir voorsit

Maak verskillen­de soorte jellie apart aan volgens aanwysings op boks. Gooi geel jellie sowat 1 cm hoog in 8 glasies van jou keuse. Plaas in yskas om te stol terwyl jy kondensmel­kjellie maak. Meng gelatienpo­eier en water en laat spons eenkant vir 1 minuut. Meng kondensmel­k en kookwater. Voeg geweekte gelatien by en meng tot gelatien gesmelt het. Gooi lagie kondensmel­kjellie bo-op gestolde geel jellie in glas en plaas terug in yskas. Sodra dit gestol het, gooi rooi jellie boop kondensmel­kjellie. Laat stol. Herhaal proses tot glasies vol is. Skep balle vanieljero­omys bo-op en sprinkel skaafsels oor. Sit voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa