Sarie Partytjie

Vis en vissie-tjips

-

Kyk by bakwinkels vir koekiedruk­kers met ’n visvorm en maak tjips wat soos vissies lyk. GENOEG VIR 8

• 4 groot aartappels, geskil • sonneblomo­lie vir diepbraai • 4 stokvisfil­ette

• sout en varsgemaal­de

swartpeper

• 3 eiers

• 100 ml melk

• 140 g (250 ml) koekmeel

Gebruik ’n mandolien of skerp mes en sny aartappels in skywe van 2 mm dik. Gebruik visvorm-koekiedruk­ker om vissies uit skywe aartappel te sny. Verhit olie vir diepbraai tot warm in groot pot. Diepbraai tjips 8-10 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispap­ier en hou warm in lou oond. Halveer visfilette sodat jy 8 kleiner filette het. Geur met sout en swartpeper. Klits eiers en melk saam. Gooi die meel in ’n plat bak. Verhit weer die olie waarin die tjips gebraai is. Rol elke visfilet eers in die meel en dan in die eiermengse­l. Plaas vis in die warm olie waarin jy tjips gebraai het – maak seker die olie is nie te warm nie, anders gaan die eier-en-meelbedekk­ing buiteom brand terwyl die vis nog rou is binne. Braai vis weerskante, sowat 6-8 minute. Sit voor met tjips.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa