Bord vir ring-gooi
• houtbord van 2 m x 80 cm • grys verf • 8 plastiek-seerowerhake – by partytjiewinkels • 16 kabelbinders ( cable ties) • 2 m dik tou • swart spuitverf
Verf houtbord grys. Spasieer seerowerhake op droë bord en merk plekke met potlood. Boor 2 klein gaatjies langs mekaar aan albei kante van elke seerowerhaak en boor op die ooreenstemmende plekke in houtbord ook 2 gaatjies. Ryg kabelbinders deur gaatjies en maak seerowerhaak vas. Sny ekstra stukke van kabelbinders af met skêr. Maak groot ringe van stewige tou (of koop ringe) en spuitverf swart.