Sarie Partytjie

Energiebal­letjies

-

Gee jou woelwater ekstra woema met dié njammie peuselhapp­ie MAAK SOWAT 40 BALLETJIES

• 60 g (125 ml) hawermout

• 50 g gemengde neute,

gerooster

• 250 g ontpitte vars dadels of

gedroogde dadels

• 5 ml vanieljege­ursel

Plaas die hawermout in ’n voedselver­werker en pols tot ’n fyn meel. Gooi uit in ’n mengbak. Pols die neute in ’n voedselver­werker tot fyngekap, maar met nog ’n bietjie tekstuur, en plaas eenkant. Sit die dadels in die voedselver­werker en pols tot ’n pasta vorm (indien jy gedroogde dadels gebruik, week eers in kookwater vir ’n paar minute tot sag). Voeg die neute, hawermoutm­eel en vanielje by en pols tot dit ’n stywe mengsel vorm. Rol die mengsel in klein balletjies. Bêre in ’n lugdigte houer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa