Sarie Partytjie

Die heks se besem

-

Dié happie is niks meer as malvalekke­rs en gepofte rys nie. Doop in witsjokola­de en dit lyk fabelagtig!

GENOEG VIR 8

• 40 malvalekke­rs

• 40 g (45 ml) botter

• 300 g gepofte rys

(Rice Krispies)

• 8 hout-roomysstok­kies

• 100 g witsjokola­de, gesmelt • gekleurde sjokoladeb­alle

(Astros)

Plaas malvalekke­rs en botter in groot bak en smelt by mediumhitt­e in mikrogolfo­ond. Gooi rys by en meng deur. Gooi mengsel in ’n koekpan van 20 x 20 cm. Druk plat en laat afkoel tot louwarm, maar steeds sag. Keer uit en druk 3 houtstokki­es in aan die een kant van die mengsel en nog drie op dieselfde plek aan die oorkant. Laat verder afkoel tot heeltemal gestol. Gebruik skerp mes en sny suigstokki­e-vorms uit die mengsel – maak seker elke vorm het ’n houtstokki­e. Doop punte in witsjokola­de en dan in sjokoladeb­alle. Laat stol en sit voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa