Sarie Partytjie

Oranje klapperkoe­kies

-

Probeer dié anderste ystervarki­es. Pleks van kakaostroo­p maak ek ’n vanieljest­roop.

GENOEG VIR 25

KOEK

• 230 g (250 ml) botter • 250 g (310 ml) suiker

• 3 eiers

• 420 g (750 ml) koekmeel • 10 ml bakpoeier

• knippie sout

• 250 ml melk

SOUS

• 500 g klapper

• oranje koskleurse­l

• 375 ml water

• 600 g (750 ml) suiker

• 15 ml botter

• 1 vanieljepe­ul, saadjies

uitgekrap

KOEK Verhit oond tot 200 ˚C. Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Sif droë bestanddel­e saam en voeg om die beurt met die melk by bottermeng­sel. Meng deur. Gooi in ’n gesmeerde vierkantig­e pan van 22 x 22 cm en bak 20-30 minute. Haal uit en laat koud word. Sny in 25 blokkies.

SOUS Rooster klapper in warm braaipan terwyl jy heeltyd roer tot dit begin verbruin – sowat

3-5 minute. Voeg kleursel by en meng goed deur tot klapper oranje is. Plaas al die bestanddel­e behalwe klapper in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en laat kook 2 minute. Doop koekblokki­es vinnig in warm stroop en rol dan in klapper – as jy dit te lank in stroop los, sal dit pap word. Laat afkoel en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa