Sarie Partytjie

Papier-geheim

-

Laat sny ’n houtplank van 1,5 m x 90 cm by ’n ysterwarew­inkel. Gebruik ’n figuursaag en sny 8 sirkels van 15 cm elk in die plank. Verf die plank oranje en versier met papierskoe­nlappers – plak dit vas met ’n gomgeweer. Sny nou 8 vierkante van rimpelpapi­er uit. Draai plank om en plak dit oor die sirkels. Plak bo-op elke stuk papier ’n koevert met ’n nommer. Koop 8 klein geskenke en gee elkeen ’n nommer. Die kinders moet dan die gaatjie oopbreek en die nommer van die koevert is die geskenk wat hulle kry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa