Sarie Partytjie

Pienk springmiel­ies

-

Sit die springmiel­ies in prettige houers voor. Ons het ou trofeë gebruik wat met ekstra rosette versier is. GENOEG VIR 10

• 45 ml canola-olie

• 180 g springmiel­iepitte • 100 ml water

• 300 g strooisuik­er • pienk koskleurse­l

Verhit olie in ’n groot pot.

Voeg springmiel­iepitte by, sit deksel op en wag tot die mielies ophou spring. Verwyder van plaat. Verhit water en strooisuik­er in ’n ander pot. Roer tot suiker opgelos het en haal stroop van plaat af. Kleur stroop met ’n paar druppels pienk koskleurse­l. Giet oor springmiel­ies en meng goed deur. Sit voor in bakke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa